Tuis

Gevulde wingerdbla­re

-

“Die ouer generasie Libanese vroue, soos my ma, Maureen, glo die eerste blare aan die wingerdsto­k is die sagste en die beste vir dié gereg,” sê Ramona. “Jy kan tyd bespaar deur ingelegde blare by die deli te koop, maar onthou om dit goed af te spoel voor jy dit gebruik. En onthou, blare wat jy koop, is dalk nie so sag soos dié wat vars gepluk is nie.” Maak sowat 25 Bereidings­tyd: Dis ’n lang proses – vra die familie om te help! Gaarmaakty­d: 1 uur

• 1kg lamsmaalvl­eis • 250ml rou rys • ’n goeie knypie sout en peper • ’n goeie knypie kaneel • ’n goeie knypie gemengde speserye • sap van 1 suurlemoen • 15ml vars pietersiel­ie, fyngekap • botter/olie/skaapstert­vet • sowat 25 wingerdbla­re, geblansjee­r

1 Maak die vulsel Meng die vleis en rys met die speserye en suurlemoen­sap. Voeg die kruie by en meng goed.

2 Sit een blaar plat op ’n werkopperv­lak neer (sny die steel af indien nodig). Skep ’n lepel vol vulsel bo-op, vou die rande in soos ’n koevert en rol die blaar dan versigtig op in ’n stywe sigaarvorm. Herhaal met die oorblywend­e blare en vulsel.

3 As jy skaapvet gebruik, skep dit op die boom van ’n groot pot; stip andersins die pot met botter – dis lekker ryk kos dié! Rangskik nou die gevulde blare styf teen mekaar in ’n spiraal; doen dit in lae tot alles in die pot is. Stip met nog ’n bietjie botter, sit ’n bord bo-op om al die rolletjies in posisie te hou en bedek met kookwater. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dan vir sowat ’n uur prut. Toets die blare om seker te maak dis sag en lig dan die rolletjies versigtig uit met ’n gaatjiesle­pel; sit warm of teen kamertempe­ratuur voor.

Altyd botter, nooit margarien nie! – Maureen Fortuna

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa