Tuis

Romerige mosselriso­tto met vinkel

-

Onder R140 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 30 minute

• 125ml witwyn • 1kg halfskulpm­ossels • 1,5 liter vis- of groenteaft­reksel • 15ml elk olyfolie en botter • 3 knoffelhui­sies, gekap • 1 bossie sprietuie, gekap • 2 klein vinkelboll­e, gekap

• 1 rooi brandrissi­e, gekap • 15 ml tamatiepas­ta • sowat 250 ml risottorys • 80 ml suurroom of crème fraîche • gekapte vinkelblaa­rtjies vir afronding

1 Verhit die witwyn tot kookpunt, roer die mossels by en laat stoom vir 3 minute met die deksel op. Skep die mossels uit en voeg die aftreksel by die wyn. Hou eenkant.

2 Verhit die olie en botter in ’n ander kastrol en braai die knoffel, sprietuie, vinkel, rissie en tamatiepas­ta vir ’n minuut of twee tot geurig. Roer die rys by en braai vir 2 minute tot oraloor bedek met die mengsel. Roer nou die mosselgege­urde aftreksel soplepel vir soplepel by die rys. Wag elke keer tot die aftreksel heeltemal geabsorbee­r is voor jy nog byvoeg en roer gereeld. Ná sowat 15–20 minute behoort die rys al dente te wees. Vermy die laaste bietjie aftreksel op die bodem van die pot vir ingeval daar nog sand of skulpreste in is. As jy die mossels vooraf wil spoel, moet dit nie oordoen nie, want dan bederf jy die seekosgeur.

3 Geur die rys met sout en peper, roer die gaar mossels en die suurroom by saam met ’n strooisel vinkelblaa­rtjies. Verwyder van die hitte en laat staan vir 2 minute voor jy inskep. Smul dan dadelik!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa