Seekos-en-hoendernoedels
Onder R150 • Genoeg vir 4 Bereidingstyd: 20 minute • Gaarmaaktyd: 20 minute
• 30ml olyfolie • 4 hoenderborsfilette • 15ml Thaise rooikerriepasta • 350g groen groente soos broccoliblomme, ertjies en murgpampoentjies • 300ml klappermelk • 15ml vissous
• 1 lemmetjie se sap • sowat 250ml bevrore marinara-mengsel, ontvries • ’n bossies vars koljander, gekap • 300g gaar eiernoedels • sojasous vir voorsit
1 Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin oraloor. Roer die kerriepasta by en braai tot geurig.
2 Roer die groente by en braai vir ’n minuut of twee sodat dit goed kan meng met die geurpasta. Voeg die klappermelk, vissous en lemmetjiesap by en laat prut met die deksel op vir sowat 5 minute. Roer die seekos by en strooi die koljander oor; laat prut dan vir nog ’n paar minute sodat die seekos kan gaar stoom.
3 Toets of die hoender en seekos gaar is. Verdeel die noedels tussen vier bakkies en skep dan ’n hoenderborsie en geurige seekos by elke bakkie. Jy kan ook die vleis in happiegroot blokkies sny om die eetslag te vergemaklik. Sit voor met sojasous na smaak.