Tuis

Vis en murgpampoe­ntjies in tamatiesou­s

-

Onder R130 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 35 minute

• 30ml olyfolie • 1 klein ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 1 rooi brandrissi­e, gekap • 3 ansjovisfi­lette, gekap • sowat 60ml witwyn (opsioneel) • 1 blik heel tamaties

• ’n paar takkies vars tiemie • 60ml rooiwynasy­n • 350g gemengde murgpampoe­ntjies, dungesny • 4 porsies stokvisfil­et • gekapte vars pietersiel­ie • suurlemoen­wiggies

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, knoffel en rissie daarin tot glansend. Voeg die ansjovis en witwyn by en kook vinnig vir ’n minuut of twee. Roer die blik tamatie by en druk fyn met ’n aartappeld­rukker. Roer laaste die tiemie en asyn by en geur met sout en peper na smaak. Laat prut vir sowat 5–10 minute tot dik en geurig. Voeg ’n skeut water by as dit lyk of die sous te dik word.

2 Verhit ’n riffelpan en braai die murgpampoe­ntjieskyfi­es in sarsies tot gaar met geurige swart lyntjies oraloor. (Of gebruik jou oond se roosterele­ment en maak alles gelyk gaar). Hou eenkant.

3 Skep die vis bo-op die tamatiesou­s in die pan en strooi die gaar murgpampoe­ntjies ook oor. Sit die deksel op en laat stoom vir sowat 15–20 minute of tot die vis vlok. Geur die vis met sout en peper en sit voor met ’n strooisel vars pietersiel­ie en die suurlemoen­wiggies op geurige rys of kapokaarta­ppels.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa