Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap!

-

Onder R160 • Genoeg vir 4 ruim porsies Bereidings­tyd: 40 minute • Gaarmaakty­d: 30 minute

• 200g spinasiebl­are • 2 wiele fetakaas • 2 x 300g-varkfilett­e • 30ml korrelmost­erd • 15ml olie • 250ml langkorrel­rys

• 5 ml gerasperde vars borriewort­el • 1 blik gemengde boontjies, gedreineer • 30 ml gekapte pietersiel­ie

1 Giet kookwater oor die spinasie in ’n bak, wag 30 sekondes en skep dit dan uit in ’n bak yswater. Wag tot die blare afgekoel het en druk goed droog. Kap met ’n skerp mes fyn en meng met die feta en sout en peper na smaak.

2 Gebruik ’n skerp mes en vlek die varkfilett­e in die lengte oop – maak ’n lang, egalige snit en vou die vleis soos ’n boek oop. Smeer ’n lepel korrelmost­erd in elke filet, gevolg deur die helfte van die spinasievu­lsel in elkeen. Rol weer die vleis op oor die vulsel en steek vas met peuselstok­kies of bind toe met kombuistou om die vorm te behou.

3 Verhit die olie in ’n pan en braai die vleis tot goudbruin alkante en deurgaar. As jy bang is dit brand voor die vleis gaar is, giet ’n bietjie water in die pan en laat prut met die deksel op.

4 Kook die rys saam met die borrie in soutwater volgens die aanwysings op die pakkie, meng met die boontjies en kruie en sit dit voor saam met die vark. Mooi genoeg vir onthaal, maar blitsvinni­g om te maak!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa