Tuis

Vars idees vir ’n neutrale palet

’n Rustige kleurpalet kán speels wees – voeg net die regte detail by!

- Deur Johané Neilson • Foto’s Elza Cooper

Beplan vir die toekoms

Dit kan ’n gedugte taak wees om ’n veeldoelig­e oopplanrui­mte te ontwerp, maar die Johannesbu­rgse interieuro­ntwerper Tammy Holmes het goed daarin geslaag deur ’n neutrale palet in te span met oorgenoeg detail daarby.

Wit mure en ’n wit plafon saam met natuurlike en hout-elemente skep ’n kalm atmosfeer. “As ontwerper het ek gewoonlik ’n ruim hand met kleur, daarom was dié vertrek vir my nogal ’n uitdaging. Maar dis vir my lekker dat dit eintlik afwyk van my gewone styl; dis die perfekte agtergrond wanneer ek kliënte ontmoet,” sê sy.

“Omdat dié ruimte op dieselfde vlak is as twee slaapkamer­s, ’n badkamer en kombuisie, het ek dit ontwerp as ’n leefvertre­k en sitkamer sodat die volgende eienaars dit as ’n eenheid kan verhuur.”

Detail in afronding

Gebruik botaniese lap en natuurlike teksture om jou dekor by die tuin te laat inskakel, is Tammy se raad. Sy het eikehoutbl­aaie met donkerhout­pote gekombinee­r vir die tafel en banke, en ’n Malawi-stoel geverf in Plascon Bovine aan die ente bygevoeg. Vir detail is die kussings van geblomde lap op die banke afgerond met swart-en-wit omboorsel.

Moenie huiwer om sterk afdrukke, patrone en donker kleure te gebruik nie. – Tammy

 ??  ?? “Om dié ruimte nog groter te laat voel, het ek ontblote dakbalke gekies wat ’n oop, ligte gevoel skep en ’n massiewe staanspieë­l gebruik wat die lieflike plakpapier teen die oorkantse muur weerkaats,” vertel Tammy. Spieël van Ivy Décor & Design
“Om dié ruimte nog groter te laat voel, het ek ontblote dakbalke gekies wat ’n oop, ligte gevoel skep en ’n massiewe staanspieë­l gebruik wat die lieflike plakpapier teen die oorkantse muur weerkaats,” vertel Tammy. Spieël van Ivy Décor & Design
 ??  ?? Tafel, sisalmat en staanlamp van Block & Chisel; plakpapier deur Cara Saven
Tafel, sisalmat en staanlamp van Block & Chisel; plakpapier deur Cara Saven
 ??  ?? Lap van Hertex; Malawi-stoel van Amatuli
Lap van Hertex; Malawi-stoel van Amatuli
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa