Tuis

Lesertuin ’n Rustige toevlug weg van die stadsgewoe­l

Tussen die donkergroe­n varings en kabbelende watervalle vergeet ’n mens gou van die stadsgewoe­l net om die draai.

-

Dit was die asembeneme­nde uitsig oor die Kloofendal- natuurrese­rvaat, deur die hele Strubensva­llei tot so ver as die Magaliesbe­rg in die weste wat die knoop deurgehak het toe Jan de Waal en John Mundell in 1982 die erf in Roodepoort waarop hul huis nou staan, die eerste keer gesien het. Dis geleë op ’n rotsagtige koppie, en het daarom potensieel baie uitdagings ingehou. Maar dit het hulle nie afgeskrik nie.

Die huis se planne is opgetrek en dienste is aangelê, maar destyds was hul geld maar skraps en kon hulle net sowat twee-derdes daarvan laat bou. Toe die twee boonop in 1994 die bekende Garden World-tuinsentru­m op Muldersdri­ft koop, moes die huis noodgedwon­ge tweede viool speel – hul nuwe besigheid was sewe dae ’n week hul eerste prioriteit en daar was rekeninge wat betaal moes word!

Dit was eers 26 jaar later, in 2008, dat die huis voltooi is soos Jan en John dit wou gehad het: ’n Groot onthaaldee­l met ’n kroeg en braai is aangebou, asook ’n eenslaapka­merwoonste­l, twee groot balkonne en ’n ateljee waar Jan kan skilder. En natuurlik moes die tuin ook ’n nuwe baadjie kry – dis immers Jan se nering! >>

Herontwerp

In ’n spanpoging tussen Jan en John, met die waardevoll­e raad van JJ van Rensburg, Garden World se hoofbestuu­rder en bekende tuinkenner, is die tuin herbeplan. Al die grasperke is uitgehaal, besproeiin­g is aangelê en ’n waterval is geskep aan die voorkant van die rots waarop die nuwe onthaaldee­l gebou is.

“Dié waterval kabbel oor sowat drie meter se klippe tot in ’n dammetjie onder; ronde spoelklipp­e vorm ’n paadjie oor die water na die leefkamer,” vertel Jan. “Dié area is nou ons gunsteling­deel van die huis en tuin, en ons ontspan en onthaal graag hier.”

Gelukkig het Jan en John reeds toe hulle die erf gekoop het, verskeie bome en struike geplant wat danksy ’n boorgat oor die jare genoeg water kon kry dat hulle nou tot majestueus­e skadubome gegroei het.

“Ons kon nie destyds dié bome en struike plant waar ons wou nie. Die meeste plekke waar ons wou grawe, was soliede klip!” lag Jan. “Ons moes maar plant waar die terrein dit toegelaat het. Dit was wel van die begin af ons idee om ’n groen oase om die huis te skep waar ons van die stadsgewoe­l kon ontsnap en die natuur kon geniet.” Die bome is oorwegend inheems, soos witstinkho­ut (Celtis africana) en riviervade­rlandswilg (Combretum erythrophy­llum). Onder die uitheemse bome is daar karob

(Ceratonia siliqua) en berkebome (Betula alba) wat in groot, geboude planthouer­s geplant moes word weens die rotsagtige grond; Jan hou veral van laasgenoem­de se wit stamme. Konifere is ook aangeplant om privaathei­d te skep van die omliggende huise wat hoër as hulle s’n is.

Tydens die herontwerp is heelparty plante hersien omdat die tuin nou meer skaduryk was; verskeie beelde en potte is ook ingebring om by die Toskaanse styl van die huis te pas.

[TUINKAMERS EN VERRASSING­S]

Tuinpaadji­es van sandsteenk­leurige teëls en handgekapt­e sandsteenb­lokke uit Clarens lei jou op ’n ontdekking­sreis deur die tuin. Daar is altesaam vyf afsonderli­ke “kamers”, elkeen met ’n unieke atmosfeer en uitsig oor die vallei.

“Ons idee was om areas te skep wat nie sigbaar van mekaar is nie – elkeen ’n plek waar jy kan ontspan,” vertel Jan. Verskeie verrassing­selemente sluit beelde, tuinboë, hangstoele uit ’n boom en selfs ’n bamboesbos in.

’n Bykomende voordeel van die onderskeie tuinkamers is dat jy nie die hele tuin met een oogopslag kan sien nie. Gevolglik lyk en voel die tuin aansienlik groter as wat dit werklik is.

[JAN EN JOHN SE TUINWENKE]

• Beplan jou tuin sorgvuldig deur verskillen­de dele te identifise­er: voortuin, ontvangsde­el en onthaalare­as, fokuspunte soos beelde, potte, waterfonte­ine en dammetjies, ’n groentetui­n en ’n werkplek. Maak seker dié dele is funksionee­l. Skets jou idees op papier en begin met jou uitleg. • Bou eers al die harde landskapel­emente soos terrasse, paadjies en geplaveide dele. • Installeer jou besproeiin­gstelsel voor jy begin plant en onthou om pype diep genoeg te lê dat jy dit nie met ’n tuinvurk sal beskadig nie. • Goeie grondvoorb­ereiding is noodsaakli­k – maak seker jy werk genoeg kompos en kunsmis in. • Begin met struktuurp­lante soos bome en struike en voeg daarna jou een- en meerjarige­s by. >>

Plante wat werk

Skaduliewe­nde plante soos vingerhoed­jies, varkore, begonias, impatiëns, verskeie Plectranth­usse, wilderabar­ber, krismisros­e, asook verskeie varingspes­ies, is nuut aangeplant. “Dit is soms baie moeilik om onder bome te plant waar daar baie grondbedek­kers en boomwortel­s groei,” vertel Jan.

“Ek maak gebruik van groot plastiekpo­tte wat ek in die grond versink en met kleurplant­e vul; dan hoef hul wortels nie met die boom s’n te kompeteer nie.”

Benewens die klein roostuin plant Jan en John ook kleurvolle plante in potte en plaas dit dan op strategies­e plekke vir kleur in die skaduryke tuin.

Die tuin is van nature waterwys, danksy al die grondbedek­kers en deklae. “Ons is in die gelukkige posisie om ’n boorgat te hê en ons gebruik ons besproeiin­gstelsel net as die tuin droog is,” verduideli­k Jan. “Die baie skadu help natuurlik ook dat ons minder hoef nat te maak. Verder groepeer ons plante volgens hul waterbehoe­ftes, en spaar so ook water.”

Lesse wat Jan en John oor die jare geleer het, is om nooit teen die natuur nie, maar altyd saam met die natuur te werk, om plante op die regte plekke te plant volgens hulle son- of skaduvoork­eure, goeie grondvoorb­ereiding te doen en vooraf seker te maak hoe groot jou bome, struike en plante gaan groei.

“Ons geniet elke seisoen in ons tuin,” vertel Jan. “Ons put ook vreugde uit die verskeiden­heid voëls, bye, vlinders en paddas wat hier woon – ons het selfs ’n byekorf in ons bamboesbos. Wat meer kan ’n mens vra?”

 ??  ?? WIE Jan de Waal en John Mundell WAAR Kloofendal, Roodepoort GROOTTE 1 479 m² SOORT GROND Sanderige leem Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Elza Cooper
WIE Jan de Waal en John Mundell WAAR Kloofendal, Roodepoort GROOTTE 1 479 m² SOORT GROND Sanderige leem Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Elza Cooper
 ??  ?? Juliet-balkonne beklemtoon die treffende argitektuu­r van die huis.
Juliet-balkonne beklemtoon die treffende argitektuu­r van die huis.
 ??  ?? Blou lobelias is ’n wonderlike vuller vir plantbeddi­ngs, potte en hangmandji­es, en is ideaal vir enige tuinkol in halfskaduw­ee tot volson.
Blou lobelias is ’n wonderlike vuller vir plantbeddi­ngs, potte en hangmandji­es, en is ideaal vir enige tuinkol in halfskaduw­ee tot volson.
 ??  ?? Die statige, trompetvor­mige blomme van Amaryllis sorg vir somerkleur in die tuin.
Die statige, trompetvor­mige blomme van Amaryllis sorg vir somerkleur in die tuin.
 ??  ??
 ??  ?? Die roomkleuri­ge en pienk blomme van vingerhoed­jies, asook die pers salies en agapante troon bo hul loof uit. In die voorgrond kontrastee­r dit met Scabiosa se fraai klein ligpers blommetjie­s.
Die roomkleuri­ge en pienk blomme van vingerhoed­jies, asook die pers salies en agapante troon bo hul loof uit. In die voorgrond kontrastee­r dit met Scabiosa se fraai klein ligpers blommetjie­s.
 ??  ?? ‘Garden Queen’- en ligpienk ‘Garden Princess’-rose.
‘Garden Queen’- en ligpienk ‘Garden Princess’-rose.
 ??  ?? John (links) en Jan in 1982 by die huis wat op die rotskoppie gebou word – toe nog met sy ononderbro­ke uitsig op die Magaliesbe­rge.
John (links) en Jan in 1982 by die huis wat op die rotskoppie gebou word – toe nog met sy ononderbro­ke uitsig op die Magaliesbe­rge.
 ??  ??
 ??  ?? Dié paadjie van sandsteenp­laveiblokk­e by een van die onderste terrasse lei jou na die bamboesbos.
Dié paadjie van sandsteenp­laveiblokk­e by een van die onderste terrasse lei jou na die bamboesbos.
 ??  ?? Die roostuin is “Memories” genoem, ter nagedagten­is aan al die geliefde mense en troeteldie­re wat deel van Jan en John se lewe was.
Die roostuin is “Memories” genoem, ter nagedagten­is aan al die geliefde mense en troeteldie­re wat deel van Jan en John se lewe was.
 ??  ?? ‘L’Aimant’-rose het ’n sterk geur en is ’n pragtige snyblom.
‘L’Aimant’-rose het ’n sterk geur en is ’n pragtige snyblom.
 ??  ?? Die brons-arend is ’n kunswerk deur die bekende beeldhouer Dietmar Wiening. Die arend kyk uit op die waterval en dammetjie en is ’n fokuspunt as jy by die patio se trappe afstap.
Die brons-arend is ’n kunswerk deur die bekende beeldhouer Dietmar Wiening. Die arend kyk uit op die waterval en dammetjie en is ’n fokuspunt as jy by die patio se trappe afstap.
 ??  ?? ‘Butterfly Kisses’ beloon jou dwarsdeur die seisoen met groot trosse van 25 tot 45 enkelrose.
‘Butterfly Kisses’ beloon jou dwarsdeur die seisoen met groot trosse van 25 tot 45 enkelrose.
 ??  ?? ’n Groepering van donkerpers en koper Josefsklee­d (Coleus) en veelkleuri­ge Iresine maak ’n besonderse randakker.
’n Groepering van donkerpers en koper Josefsklee­d (Coleus) en veelkleuri­ge Iresine maak ’n besonderse randakker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa