Tuis

Plante van die maand Saailinge

Saailinge van kleurvolle eenjariges maak jou tuin in ’n japtrap mooi!

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach

espakke met eenjariges is maklik om te plant en sorg vir kitskleur in ou tuin. Dié plantjies is nie te vol

oor die tipe grond waarin dit groei nie, het ’n vlak wortelstel­sel en is bekostigba­ar: Vir net meer as R20 per pak kan jy ’n bedding, pot of hangmandji­e gou in ’n fokuspunt omskep.

“As jy jou sespakke vroeg genoeg in die seisoen plant, kry jy maande lank waarde vir jou geld danksy die oorvloed blomme wat dié plante in een seisoen produseer. Binne ’n week of drie ná jy dit geplant het, behoort dit reeds mildelik blomme te dra,” vertel Helia Smit, tuinboukun­dige by Cape Garden. “Sou jy dit vir ’n spesiale geleenthei­d plant, tel dan drie weke tot ’n maand terug van die datum wanneer jy jou tuin op sy beste wil laat lyk en plant jou sespakke dan. So kan jy seker wees van baie kleur wanneer jy jou gaste onthaal.

“Eenjariges is in die meeste gevalle kleurvolle­r as meerjarige­s en maak kort nadat hulle geplant is ’n pragtige vertoning. Boonop saai sommige eenjariges hulself baie maklik en kan jy die volgende jaar nog plantjies oraloor verwag.”

Behalwe dat eenjariges ’n wenner is om fokuspunte soos ’n bedding rondom ’n fontein of ’n hoekie naby die voordeur op te helder, is dit ook baie waardevol in ’n nuwe tuin. “Meerjarige­s word gewoonlik klein geplant en neem minstens ’n seisoen om groot te groei en te begin blom. Deur eenjariges tussenin te plant, maak jy die kaal grond vinnig toe en het jy kleur lank voor die meerjarige­s begin blom.

“Eenjariges gee ook seisoenale kleur aan ’n tuin. Aangesien dié plante as somer- of winterblom­mend geklassifi­seer word, kan jy twee maal per jaar enige bedding of pot ’n nuwe voorkoms gee! Dis wel ’n bietjie meer moeite, maar gee jou die geleenthei­d om met nuwe kleure en variëteite te eksperimen­teer en met die jongste neigings tred te hou!” gesels Helia.

 ??  ??
 ??  ?? Helia Smit, tuinboukun­dige by Cape Garden
Helia Smit, tuinboukun­dige by Cape Garden

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa