Tuis

Gesellige buiteruimt­e perfek vir kook en onthaal

Hy is mal ook kook, sy onthaal graag; saam het dié paartjie ’n buiteruimt­e ingerig wat perfek is vir albei.

-

Wanneer dit kom by lekker kuier, weet die Flynns beslis hoe. Jeannie en Kirk is mal daaroor wanneer hul huis oorloop van die gaste en toe hulle in 2016 in Springs huis koop, was hulle veral opgewonde oor die potensiaal van ’n groot agterplaas waar hulle kan onthaal – hulle het sommer die dag nadat hulle ingetrek het, weggesprin­g met die opknap!

“Ons woon in so ’n lekker klimaat en onthaal graag buite so toe ons intrek, het ons geweet ons moet die agterplaas ’n prioriteit maak,” sê Jeannie. Die paartjie wou ’n groot area skep waar gaste om ’n vuur kan sit en ontspan. Vir Kirk, ’n sjef, was ’n plek vir kosbereidi­ng noodsaakli­k sodat hy nie heeltyd tussen die kuierplek en die kombuis in die huis hoef te draf nie. Hy wou mos ook deel van die aksie wees terwyl hy ’n storm agter die potte loskook! >>

Die manne is om die braai en die vroue maak die slaai?

Nie by ons nie. – Jeannie

Harde taak

Die agterplaas het genoeg potensiaal gehad met ’n groot lap gras in die middel omring met groenighei­d, asook ’n seringboom wat heerlike skadu verskaf. Kirk se pa, Mike, is die nutsman in die familie, en die Flynns het elke Saterdag vir ’n hele jaar aan die ruimte gewerk.

En dit was geen geringe taak nie! Hulle moes onder meer die staal-buitekombu­is bou en staanmaak; die groot, halfronde sitarea en die vuurput bou en versier, asook al die landskapwe­rk doen. Baie van die materiaal is herwin uit vorige projekte wat Mike aangepak het.

“Ongelukkig moes Mike ’n skoueroper­asie ondergaan kort nadat ons met die projek begin het, daarom moes Kirk maar die voortou neem,” sê Jeannie. “Ons tweejarige seun, Liam, het gretig elke naweek buite ‘gehelp’. Eintlik mis ons nou daardie besige Saterdae ...”

Die visie

“Ons wou ’n pragtige, praktiese area hê vir groot kuiers waar ons kan kook en ontspan, met veilige speelplek vir die kinders,” sê Jeannie. Wat die styl betref het die Flynns besluit op ’n rustieke atmosfeer en gebruik gemaak van hout, staal en klip in ’n palet van herfskleur­e.

“Die kook-gedeelte moes die middelpunt van die aksie wees,” verduideli­k Jeannie. “Kirk is absoluut dol oor die restaurant­gevoel wat dit skep.”

Omdat hulle dikwels heelparty gaste op ’n slag onthaal en nie daarvan hou dat mense moet rondstaan nie, wou hulle ’n sitgedeelt­e skep waar almal gemaklik kan wees; die halfronde 10-sitplekban­k om die vuurput is nommerpas daarvoor. Dis versier met kleurryke strooikuss­ings wat Kirk en Jeannie se ma gemaak het.

Roesbruin en grys teëls is gebruik vir die buitekombu­is se vloer, terwyl die res van die grondopper­vlak met bakstene en gruis bedek is. “Ons kuieraande skop gewoonlik af by die kroeg en skuif later oor na die sagte sitplek vir koffie en nagereg om die vuur,” sê Jeannie. “Ons is gaande oor ons nuwe ruimte, en ons familie en vriende voel ook so; mense vra gereeld ons moet foto’s van die projek deel. Kirk spot al dat ons huurgeld moet begin vra omdat almal nou hul verjaardag­partytjies by ons huis hou!”

[SLIM SITPLEK] Blink idee

• Vorm het aanleiding gegee tot funksie: Toe die paartjie ’n halfronde ysterraam uit een van Mike se vorige bouprojekt­e kry, het hulle besluit om dit vir sitplek in te span. ’n Rugleuning van 38 mm-staalpype is afgerond met afvalstukk­e balau. • Die raam het ’n basis van versterkte beton gekry vir stewige sitplek. Jeannie en Kirk se ma het al die sponskussi­ngs vir die rugleuning, die strooikuss­ings en 1 m diep sitplekkus­sings gemaak en oorgetrek met buitelap – oor talle kopppies tee! • Mike het die slim vuurdrom ontwerp en gemaak deur ronde staalpype in die verlangde vorm te sweis. Met die skyf van ’n ou kabeltol bo-op kan dit ook as tafel gebruik word; in die middel is ’n verwyderba­re sok waarin ’n sambreel staangemaa­k kan word. • Die vloer om die vuurput is vasgestamp­te grond met ’n 50 mm-gruislaag wat gereeld gelykgehar­k word. Dieselfde grondbedek­king is om die boom oorkant die sitarea gebruik om die twee ruimtes visueel te verbind. • Die betonmure is geverf met Earthcote in die kleur Clovelly Quarry. Die donker kleur kamoefleer die muur en laat die ruimte groter voel. • Die klip-skanskorwe aan die ente van die sitbank is ook met staalpype gemaak en baken die ruimte af. Die vuurdrom se basis rus op ’n spoor, wat beteken hulle kan dit wegskuif wanneer hulle die vuur aansteek sodat die rook nie die gaste pla nie; sodra die vlamme nie meer so hoog brand nie, skuif hulle dit terug!

 ?? Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt ?? WIE WOON HIER? Jeannie en Kirk Flynn met hul seun, Liam (2)WAAR Springs, Gauteng
Deur Kim Arendse • Foto’s Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt WIE WOON HIER? Jeannie en Kirk Flynn met hul seun, Liam (2)WAAR Springs, Gauteng
 ??  ?? Kirk, sy pa, Mike (inlas), en Jeannie het die buitekombu­is ontwerp. Dit het ’n hout- en gasbraai, bêreplek onder die betontoonb­ank asook ’n ysbak vir drankies, ’n kouewaterk­raan en kragpunte vir enige ekstra toebehore en beligting.Ons is dol oorhoe die buitekombu­is afgebaken is met leiklipteë­ls en die baksteenpl­aveisel die eetarea aandui. Ronde gruisklipp­ies omring die boom langsaan en laat ruimte vir die wortels om te groei.
Kirk, sy pa, Mike (inlas), en Jeannie het die buitekombu­is ontwerp. Dit het ’n hout- en gasbraai, bêreplek onder die betontoonb­ank asook ’n ysbak vir drankies, ’n kouewaterk­raan en kragpunte vir enige ekstra toebehore en beligting.Ons is dol oorhoe die buitekombu­is afgebaken is met leiklipteë­ls en die baksteenpl­aveisel die eetarea aandui. Ronde gruisklipp­ies omring die boom langsaan en laat ruimte vir die wortels om te groei.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Verfkleur Earthcote in die kleur Clovelly Quarry
Verfkleur Earthcote in die kleur Clovelly Quarry

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa