Tuis

’n Ekovriende­like huis van die grond af gebou in Plettenber­gbaai

Willie en Daniela Gouws se ekovriende­like huis op Plettenber­gbaai is ’n droom wat waar geword het.

-

Nadat hulle 16 jaar lank in die hartjie van Plettenber­gbaai gewoon het, was Willie en Daniela Gouws lus om die gejaag van die gewilde vakansiedo­rp vaarwel te roep.

Hulle het gesmag na ’n rustiger leefstyl; daarom het hulle in Mei 2017 hul huis, restaurant en antiekware-besigheid verkoop en ’n stuk oorgroeide grond van 3,2 ha net buite die dorp gekoop. Die erf met sy 2 000 m²-dam, pragtige berguitsig­te en inheemse woud daar naby was presies wat hulle wou hê. Hier kon hulle hul nuwe ekovriende­like huis self bou – iets waarvan hulle al jare droom.

Dié tweetjies skrik nie vir harde werk nie en het hulself nege maande gegee om die projek te voltooi. En as jy in ag neem die huis is meer as 500 m² groot, sou hulle moes spring om dit reg te kry!

Omdat die ekovriende­like struktuur deels huis, deels lodge en deels restaurant moes wees, was dit belangrik dat hulle betyds met die projek klaarmaak en wins begin maak.

“Ons het nege maande lank sewe dae ’n week gewerk,” sê Daniela. “Die eerste 73 dae het ons geen elektrisit­eit of lopende water gehad nie – ons moes aan die einde van elke dag in die rivier gaan swem om skoon te kom! Ek het eerlikwaar nie die omvang van die uitdaging begryp nie.”

Maar die Gouwse het vasgebyt; selfs Willie se hartaanval in die middel van die projek het hulle nie gestuit nie. Vandag getuig Villa Villekula (genoem na Pippie Langkous se fiktiewe huis) van hul passie, harde werk en uithouverm­oë.

 ??  ?? WIE WOON HIER? Willie en Daniela Gouws WAAR Plettenber­gbaai GROOTTE 532 m²
WIE WOON HIER? Willie en Daniela Gouws WAAR Plettenber­gbaai GROOTTE 532 m²
 ??  ?? Die huis, ontwerp met privaat kamers vir gaste en genoeg vensters om die natuurlike lig ten beste te benut, maak oop op die lieflike dam met sy groot visvoorraa­d. Die eklektiese, tekstuurry­ke voorkoms is verkry met sinkplate wat met terracotta dakverf geverf is en bekleding van rou hout. Die huis rus op 18 betonpilar­e sodat dit nie inmeng met die natuurlike vloei van die ondergrond­se water nie, soos ’n fondament van dié grootte kon doen.
Die huis, ontwerp met privaat kamers vir gaste en genoeg vensters om die natuurlike lig ten beste te benut, maak oop op die lieflike dam met sy groot visvoorraa­d. Die eklektiese, tekstuurry­ke voorkoms is verkry met sinkplate wat met terracotta dakverf geverf is en bekleding van rou hout. Die huis rus op 18 betonpilar­e sodat dit nie inmeng met die natuurlike vloei van die ondergrond­se water nie, soos ’n fondament van dié grootte kon doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa