Tuis

Dagboek Februarie-hoogtepunt­e

-

2: Besoek die jaarlikse

Franschhoe­k Summer Wines by Leopard’s Leap Family Vineyards waar jy die beste van die streek se vignerons kan proe. Koop kaartjies teen R280 by webtickets.co.za. Skakel 021 876 2861. 4–8: Leer hoe om leer-artikels met die hand te maak in ’n vyf dag lange kursus deur Cape Leather Training by Angel Hearts in Bloemfonte­in. Dit sluit praktiese opleiding in die basiese vaardighed­e en ’n stel gereedskap in. Skakel 063 327 6228 om te bespreek. 6–8: Sien die plaaslike komediant Schalk Bezuidenho­ut in aksie by die Atterbury-teater in Pretoria. Sy nuwe produksie, Snorseun, sal beslis jou lagspiere prikkel! Kaartjies kos R120 by itickets.co.za. 9–17: Die Internatio­nal Public Art Festival in Soutrivier, Kaapstad, ’n inisiatief deur Baz-Art, help plaaslike en internasio­nale straatkuns­tenaars om hul werk uit te stal. Openbare ruimtes sal gebruik word om boodskappe rondom die tema – Generation Next: Educate, Collaborat­e, Empower – met treffende kunswerke tuis te bring. Begeleide toere word elke dag aangebied. Sien meer by ipafest.co.za.

Geniet Valentynsd­ag! 14: 17: Die Cape Town Folk ’n Acoustic Music Festival in die Kirstenbos­ch Botaniese Tuin in Kaapstad gaan jou trakteer op die mooiste musikale stories deur die land se beste sangers. Kry jou kaartjie teen R190 by webtickets.co.za.

Maart se Tuis is op 18: die rakke! 23 en 24: Drentel deur die groentetui­n en binnehof van Mick Haigh’s Open Pottery Garden by

Fort Nottingham Village in die KwaZulu-Natalse Middelland. Toegang is gratis. Skakel 072 529 0227. 25: Ervaar die trend-ghoeroe Li Edelkoort se voorspelli­ngs vir 2019 by die LISOF Fashion Design School & Retail Education Institute in

Randburg. Kaartjiepr­yse by webtickets.co.za begin by R750.

27 Feb. – 1 Maart: Die Design Indaba Conference 2019 in Kaapstad bied praatjies deur swaargewig­te in die kreatiewe wêreld, asook uitvoering­s, musiek en teater. Kyk die regstreeks­e uitsending teen ’n afslagprys. Besoek designinda­ba.com.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa