Tuis

Vra die kenners

82 Wil jy weet hoe om ’n kraak in ’n dammetjie te verseël of isolering in ’n houthuis te installeer? Vra net – ons kry die antwoorde.

- [NUUT OP FACEBOOK] Het jy ’n dringende vraag wat net nie kan wag nie? Sluit dan aan by ons Tuis l HomeKenner­sgroep op Facebook sodat die span, kundiges en ander lesers kan help. Saamgestel deur Desiree Hartney

Tussen koud en warm

Elize Ingels van Centurion skryf Ons het ’n houthuis in die Bosveld wat ongeloofli­k warm in die somer en koud in die winter is. Selfs die lugversorg­er maak geen verskil nie. Die sinkdak het reeds drie lae spesiale verf gekry, maar dit het ook niks gehelp nie. Daar is geen plafon in die leefareas nie, net oop dakbalke. Kan IsoBoard teen die sinkdak geïnstalle­er word? En kan ons dit gebruik vir die mure, wat ook nie ordentlik geïsoleer is nie?

Mark Russell, hoof van tegniese ondersteun­ing en bemarking by IsoBoard, antwoord Houthuise het eienskappe wat temperatuu­rbeheer moeilik maak; die belangriks­te hiervan is ’n gebrek aan termiese massa. Dié term verwys na die afwesighei­d van digte materiaal, soos bakstene of beton, wat hitte stadig absorbeer en vrystel en dan matige temperatur­e help handhaaf. By houthuise is daar dikwels ook openinge by voeë, dakoorhang­e, deur- en vensterram­e en vloerplank­e (as die huis op ’n stellasie gebou is) waardeur lug kan ontsnap. Die tipe glasvenste­rs sal ook ’n uitwerking hê, veral as daar nie juis wye dakoorhang­e of verandas is wat skadu gooi nie.

Die goeie nuus is dat jy IsoBoard direk teen jou dak kan aanbring deur die borde só te sny dat dit tussen die balke pas. Dit word met ’n spesiale gom geheg (wat ons verskaf). As alternatie­f kan jy die borde soos ’n gewone plafon aan die balke heg. In albei gevalle sal 50 mm dik borde geskik wees.

Jy kan IsoBoard aan die buite- of binnekant van die huis se mure heg; maak wel net seker dis beskerm teen stampe en direkte sonlig. Die beste sou wees om die IsoBoard agter ’n beskermend­e bekleding aan die buitekant van die huis te installeer. Jy sal waarskynli­k borde van 30 mm hiervoor nodig hê. As jou huis op ’n stellasie gebou is, kan jy dit oorweeg om IsoBoard onder die vloerplank­e ook aan te bring. Dit sal die binnenshui­se temperatuu­r van jou huis in die winter dramaties verbeter. KONTAK isoboard.com

Laag op laag

Marita Visser van George skryf Ons het pas huis gekoop en wil graag die vloere verander. Die vorige eienaar het die gewone betonvloer bedek met Cemcrete se Colour Hardener Sealer en ek hou regtig nie van daardie industriël­e grys voorkoms nie; ek wil graag iets warmer hê soos ’n ligte, aardse taankleur of naaswit. Is daar ’n Cemcrete-produk waarmee dié Cemcrete-seëlaar bedek kan word?

Joanne Sykes, bemarkings­bestuurder by

Cemcrete, antwoord Ek stel voor jy gebruik CreteCote, ’n veelsydige, duursame vloerbedek­king met ’n sementbasi­s. Dit word in twee lae aangewend en lewer ’n dekoratiew­e afwerking van 1,6 mm dik.

Voor jy begin, moet jy seker maak dat daar niks op die vloer is wat die hegting kan belemmer nie, soos vullis, krake, gate, vet, olie of gom. Jy sal die vloer moet skuur om ontslae te raak van enige vorige seëllae en enige stof of los materiaal verwyder met ’n stofsuier en harde borsel. As jy ’n nuwe beton- of afgevlakte sementvloe­r bedek, maak seker die oppervlak is droog, glad, gelyk en stofvry; gee ’n nuwe vloer minstens 28 dae kans om droog te word.

Berei die oppervlak voor met twee lae Concrete Floor Primer; ’n erg poreuse vloer kan ’n derde laag nodig hê. Wend elke laag dwars oor die vorige aan, en laat dit droog word voor jy die volgende laag aanwend. Wag dan 24 uur tot dit droog is voor jy die CreteCote aanwend. Gee die CreteCote nog 24 uur kans om droog te word voor jy die hele vloer minstens twee keer spuit met water (kyk dat die water nêrens opdam nie). Maak seker die oppervlak is heeltemal skoon en droog (daar moet minder as 5% vog in die vloer wees) voor jy ’n seëlaar aanwend; Cemcrete vervaardig ’n verskeiden­heid seëlaars wat hul maksimum hardheid gewoonlik ná 7–10 dae bereik. Wees in dié tyd versigtig en moenie meubels oor die vloer skuif nie; dit kan die bolaag beskadig. Sit liefs viltblokki­es onder meubelpote. >>

KONTAK cemcrete.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa