Tuis

Sê jou sê en wen ’n prys!

Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskr­if, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMa­g.

-

Die bloedsweet werd

Marli Uys van Pretoria skryf Ek het onlangs aan twee “statige ou dames” nuwe lewe gegee met ’n laag verf en nuwe stoffering. Bygesê, dit was vreeslik harde werk en my hande het die littekens om dit te bewys.

Ons het lank gesoek na die perfekte twee stoele in antiekwink­els. Tydens een so ’n snuffeltog ontdek ek en my man toe hierdie stel in ’n baie goeie toestand by Sinkhuis Antiques in Pretoria. So het my drie weke lange restourasi­eprojek begin: van self die ou stoffering verwyder (net dit het al ’n hele week gevat) tot skuur, verf en met was poleer. Die stoffeerde­rs se eerste poging was ’n totale flop en die stoele moes nog ’n week daar bly om oorgedoen te word.

Maar uiteindeli­k het hulle ’n ereplek in ons ruskamer. My twee klein seuntjies weet: Dis Mamma se stoele, hulle mag nie met vuil handjies vat of met hul voetjies daarop sit nie!

Uiteindeli­k!

Jo-Anne Fourie van Caledon

skryf Ná ons troue het ons in die plaashuis ingetrek wat jare gelede vir my man se ouma en oupa gebou is. Dit het lank leeg gestaan en heelwat opknapwerk gekort. Ons het begin mooimaak, maar werk aan die badkamer met sy bergwaterg­evlekte bad is jaar ná jaar uitgestel – tot onlangs. Nou, ná 5 jaar, het ons uiteindeli­k ons droombadka­mer!

Ons gaan nóú braai!

Annabet van Tonder van Vanderbijl­park skryf So ’n rukkie gelede het ek en my man begin idees soek om ons kroeg en kuierarea mooier en geselliger te maak. Die grootste kopseer was ’n aaklige gasbraaier met onooglike teëls rondom, en aan die ander kant ’n oop gat met ’n marmerblad waarop ons spitbraai gestaan het.

Ek het ’n bietjie rondgebel en uiteindeli­k op Christiaan Labuschagn­e afgekom wat Regruk met Flair in 2014 gewen het. Hy en sy vrou, Marinda, het ons die idee gegee van ’n boekrak aan die een kant en ’n ou skuurdeur aan die ander kant. Die eindresult­aat lyk pragtig. Christiaan het die boekrak en skuifdeur gebou uit gewone dennehout. Wanneer ons braai, skuif ons bloot die deur oop. Boonop is daar nou plek vir my man se spitbraai, gasbraai, ’n blaasbalk én genoeg houtskool!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Voor Ná
Voor Ná
 ??  ?? Voor
Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa