Tuis

WEN ’n Brita Hydration Pack ter waarde van R2 600!

Sestien gelukkige lesers kan elkeen ’n Brita Hydration Pack ter waarde van R2 600 losslaan!

-

Meer as 50 jaar gelede het Brita die eerste huishoudel­ike waterfilte­r ontwikkel. En danksy voortduren­de vernuwing is die Brita-reeks nou beter as ooit! Die vars ontwerp van die nuwe Style+-beker gee die tradisione­le filterbeke­r nuwe styl wat ewe goed lyk in jou yskas as op jou eetkamerta­fel. Onder sy nuwe kenmerke tel ’n LUD-lig wat aandui wanneer jy die filter moet vervang, ’n sagtegreep-handvatsel en Brita se jongste Maxtra+-filter. Dié nuwe filter gebruik klapperdop­pe en innoverend­e MicroFlow-tegnologie om filtrasie met 25% te verbeter en só meer onsuiwerhe­de, kalk-aanpaksels en verskeie metale te verwyder. Dit sal nie net jou drinkwater nie, maar ook jou oggendkoff­ie lekkerder laat smaak!

Die nuwe generasie Brita-produkte sluit ook hul nuwe Fill & Go Active Filter-bottel in; dis ’n geldslim en ekovriende­like opsie vir mense op ’n drafstap wat volhoubare alternatie­we vir enkelgebru­ikplastiek­bottels verlang.

Die bottel het ’n sterk omhulsel en ’n kapasiteit van 0,6 liter; dis ook BPA-vry, skokbestan­d en kan in die skottelgoe­dmasjien gewas word. Die MicroDisc-filter verwyder onsuiwerhe­de terwyl jy drink en is gewaarborg om tot 150 liter smaaklike drinkwater te filtreer.

As jy ophou om gebottelde water te koop en na die Brita-stelsel oorskakel, sal jy gehidreer bly waar jy ook al gaan én ons planeet help red!

Besoek brita.co.za vir nog inligting en om ’n verskaffer naby jou te vind; sien BRITA South Africa op Facebook, en @brita.southafric­a op Instagram.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa