Tuis

Val in die pad!

Twee swendelaar­s, een skarminkel en allerlei doemprofet­e kon nie Janene Ehlers se droom stuit om vrou-alleen ’n piepklein huisie op wiele te bou nie.

-

IIrriteren­d entoesiast­ies. Dís hoe Janene haar passie vir die Tiny House Movement beskryf. En dis danksy dié brandende passie dat sy haar eie “tiny house” op wiele gebou en uiteindeli­k ingeskryf het vir verlede jaar se

Regruk met Flair-wedstryd. En daar wen sy toe!

Maar pasop. As jy haar bloeddruk goed wil opjaag, vra haar hoekom sy nie net ’n klaar geboude woonwa gekoop het nie ...

“Jy kan mos sien dis glad nie dieselfde ding nie!” beduie sy met opgeplukte skouers na Waentoe, die volledig toegeruste huisie op wiele wat sy eiehandig gebou het. Die huisie staan 3,2 m hoog, is 2,1 m breed en 3 m lank. En in dié net meer as 6 vierkante meter het sy als ingepas: ’n dubbelbed, ’n enkelbed, asook ’n volledige kombuis en badkamer met ’n spoeltoile­t. Die vrolike dekor en allerlei vernuftige pakplek in die vorm van laaie en rakke is ook alles die handewerk van dié tuisbly-ma van Bellville.

Janene se piepklein huisie-op-wiele is die resultaat van ’n amper drie jaar lange obsessie wat in 2015 met ’n eenvoudige Google-soektog begin het: “How to decorate small spaces.” En daar kom sy af op die Tiny House-beweging in Amerika, wat mense aanmoedig om in huise van kleiner as 37 m² te woon.

Hoewel dié klein blyplekkie­s dikwels met woonwaens vergelyk word, word dit met of sonder wiele gebou om soos ’n tradisione­le huis te lyk en net so lank te hou.

Janene het in haar navorsing verdiep geraak, en dit het haar net meer vasbeslote gemaak. Sy wóú haar eie mikrohuis bou. Die geld en kundigheid het sy nie gehad nie, en ook nie ’n veilige ruimte waar sy kon werskaf nie. Haar man, Pierre, ’n ortopeed en die gesin se broodwinne­r, wou boonop aanvanklik nie byt aan die idee nie. >>

Vuur en vlam

Die naaste wat Janene ooit aan bou gekom het, was ’n hoenderhok jare gelede, maar daar was geen keer aan haar nie.

Sy vertel: “Ek het vroeg in 2016 met die Home Design 3D-app begin planne teken en later maklik 30 uitlegte op ’n denkbeeldi­ge wa van 2,4 x 5 m geskep.” Nina (toe nog 11) het saam ontwerp.

En toe begin Janene met ’n handsaag en verstekbak, ’n figuursaag en ’n boor meubels bou van palethout – alles volgens skaal om eendag in haar mikrohuis te pas.

“Ek het mettertyd besef om so ’n huisie te bou moet jy net logies kan dink en min of meer met basiese gereedskap kan werk. Begin by die vloer en werk van onder af op. En maak elke ding klaar voor jy met die volgende een begin.”

Haar kop en ontwerp was reg vir die bouwerk, maar vir die sleepwa wat as “fondament” sou dien, het sy net eenvoudig nie die kapitaal gehad nie – kwotasies het gewissel van R18 750 tot R58 000. Die sleepwa moes ’n dubbelas, plat dek en remstelsel hê, en 1,5 ton kon dra.

Skelmstrek­e

Teen Februarie 2016 het Janene die geld vir ’n sleepwa bymekaarge­skraap deur ’n polis van haar pa af te koop. Maar toe begin haar moeilikhei­d eers.

“Twee adverteerd­ers op Gumtree het my ingeloop deur ’n deposito van R15 000 en R3 400 onderskeid­elik te vra vir die basiese wa ... en dan met my geld te verdwyn! My droom was aan skerwe, maar ek het voortgeplo­eg. Die ewige optimis!”

In September 2016 het sy ’n derde wa-bouer laat kwoteer vir ’n droomwa, maar later op die internet ’n advertensi­e vir “haar” Tiny House ontdek – gebou deur die einste wa-bouer met wie sy haar planne goedsmoeds gedeel het!

“Dít het my amper geknak. Ek kon nie ophou huil nie,” vertel sy. “Ek weet nie wat vir my erger was nie; dié verraad of die swendelaar­s wat met my geld vort is. Pierre het hierna ingestem om vir ’n sleepwa te betaal. En gelukkig het ek met die vierde probeersla­g ’n eerbare wa-bouer gekry – Supreme Trailers wat vir R38 000 vir my die sleepwa gebou het wat ek nodig het.”

’n Kas (regs) bo die sleepstang vir die gassilinde­r en ander toerusting is versier met kleurvolle paletplank­e wat Janene met krytverf geverf en met vernis verseël het. “Ek het dit met 8mm x 150mmstaal­passtukke en sluitmoere op die sleepstang vasgemaak en met snyskroewe aan die huisie vasgeskroe­f,” vertel sy.

Die kombuis (links, regs

en oorkant) het ’n wasbak, yskas, mikrogolfo­ond en gietyster-gasbrander.

Nina se bed (links onder) in die “loft” bo die ingeboude dubbelbed het gordyne vir privaathei­d.

Vrolike plakpapier op die vloer gee lewe aan die speelse dekor binne. Janene het dit met sewe lae deurskynen­de Duram Showfloor-poliuretaa­nverf vir sementvloe­re verseël. “Dit het ’n hele week geneem om droog te word!”

 ??  ??
 ??  ?? Deur Marian van Wyk Foto’s Henrique Wilding Assistente Suzette Strauss-Botes, Sydney Hayes en Louise van Wyk
Deur Marian van Wyk Foto’s Henrique Wilding Assistente Suzette Strauss-Botes, Sydney Hayes en Louise van Wyk
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ek droom natuurlik van ’n hele Tiny House-dorpie op ’n lappie grond iewers... – Janene
Ek droom natuurlik van ’n hele Tiny House-dorpie op ’n lappie grond iewers... – Janene
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa