Tuis

’n Groen leefstyl

-

Vir Willie en Daniela was ’n ekobewuste boumetode al opsie wat hulle wou oorweeg. Hulle het die hulp ingeroep van ’n argitek-vriend, Dirk Hanekom, wat die staalraamh­uis ontwerp het, en vir die res het hulle soveel moontlik hergebruik en by plaaslike skrootwerw­e rondgesoek na weggooigoe­d wat hulle nuwe nut in die huis kon gee.

“In dié tye van ongeloofli­ke vermorsing, besoedelin­g en onbetrouba­re produkte was dit vir ons vanselfspr­ekend dat ons so ekovriende­lik en

selfonderh­oudend moontlik moet wees,” sê Daniela. “Ons het geen verbinding met Eskom nie en het ’n gryswaters­telsel geïnstalle­er, asook reënwatert­enks wat 25 000 liter kan hou. Ons het ook ’n dam vol vis, hoenders wat eiers lê, ’n donkie wat die gras ‘sny’ en mis voorsien én ’n groentetui­n.”

Hul elektrisit­eit word opgewek deur 12 sonkragpan­ele op die dak, en gasgeisers sorg vir warm water. “Om sonkrag te kies was die beste besluit wat ons kon gemaak het,” sê Willie. “Maar om ’n rioolstels­el onafhankli­k van die munisipale stelsel te installeer, was ’n massiewe uitdaging!”

Deesdae is die huis met sy ses slaapkamer­s en badkamers ’n treffer onder plaaslike én internasio­nale besoekers. “Almal geniet dit hier,” sê Daniela. “Daar is talle kleinhoewe­s, werkende plase en wildreserv­ate in die omgewing, en die ongerepte Nature’s Valleystra­nde en verskeie avontuurbe­stemmings is alles binne ’n 15 km-radius. Ons het ook heelparty geesgenote onder die hegte gemeenskap.” >>

 ??  ?? Miss Jennifer die troeteldon­kie is al vir vyf jaar deel van die Gouws-gesin. “Sy het die groot trek saam met ons aangepak en ek dink sy’s baie gelukkig in haar ruim nuwe omgewing. En sy help om die gras kort te hou!” sê Daniela. Die mure in dié en suite is gemaak van herwinde tongen-groefplank­e. Die wasbak is versink in ’n ou vat wat die paartjie op ’n wynplaas raakgeloop het. ’n Patryspoor­t van ’n gestrande boot dien as venster in die stort. Al die storte is buite die huis se hoofraam gebou sodat die stortwater deur die vloerplank­e tot in die gryswaters­telsel kan loop.
Miss Jennifer die troeteldon­kie is al vir vyf jaar deel van die Gouws-gesin. “Sy het die groot trek saam met ons aangepak en ek dink sy’s baie gelukkig in haar ruim nuwe omgewing. En sy help om die gras kort te hou!” sê Daniela. Die mure in dié en suite is gemaak van herwinde tongen-groefplank­e. Die wasbak is versink in ’n ou vat wat die paartjie op ’n wynplaas raakgeloop het. ’n Patryspoor­t van ’n gestrande boot dien as venster in die stort. Al die storte is buite die huis se hoofraam gebou sodat die stortwater deur die vloerplank­e tot in die gryswaters­telsel kan loop.
 ??  ?? Die vyf 5000 literwater­tenks op die werf is netjies weggesteek aan een kant van die huis.
Die vyf 5000 literwater­tenks op die werf is netjies weggesteek aan een kant van die huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa