Tuis

Kom kuier saam by die Johannesbu­rgse Homemakers Expo!

Tuis nooi jou hartlik uit na ’n opwindende reeks demonstras­ies by ons stalletjie.

-

Maak jou reg vir die Johannesbu­rgse HOMEMAKERS Expo, waar ons vanjaar voluit gaan met kosdemonst­rasies, meesterkla­sse in verftegnie­ke, opskietwin­kels en die beste inteken-aanbieding­e ooit!

Kom vroeg genoeg dat jy seker kan wees van jou sitplek – want jy sal niks van die pret wil misloop nie! Soos altyd is ons demonstras­ies prakties, leersaam en hoogs vermaaklik. En met talle pryse op die spel, pasellas en tuisgebakt­e lekkernye, gaan dit beslis iets wees om na uit te sien.

Spesiale aanbieding­e

• Teken in op Tuis|Home teen ’n massiewe 50% afslag! Onthou, dié eenmalige aanbod geld net vir intekening op die gedrukte weergawe wat by die Johannesbu­rgse HOMEMAKERS Expo uitgeneem en betaal is. Dit kos net R282 vir 12 uitgawes en begin met die April 2019-uitgawe. • Die Maart-uitgawe, warm uit die drukpers, sal te koop wees teen net R30! • Indien jy een van ons spesiale uitgawes misgeloop het, kan jy dit hier koop teen 50% afslag.

Dagprogram

Al die demonstras­ies is gratis! Geniet ’n koppie koffie en ’n praatjie. Donderdag & Vrydag 10:30–11:00 Saterdag & Sondag 09:30–10:00 • Armand Aucamp kook uit sy boek, Armand kook kaal Donderdag & Vrydag 12:00–13:00 Saterdag 11:30–12:30 • Renette Vosloo deel haar kosgeheime Sondag 11:30–12:30 Nadine Vosloo wys hoe maklik jy amper enigiets in ’n vertoonstu­k kan omskep met veelsydige krytverf. Donderdag – Sondag 14:00–15:00 Die plaaslike distilleer­der Triple Three Gin bied ’n meesterkla­s en proeë aan waar jy verskillen­de maniere kan leer hoe om jenewer te geniet. Donderdag – Sondag 16:00–17:00

 ??  ??
 ??  ?? KYK NET HIER! Armand Aucamp, bekende akteur en skrywer van ’n kookboek, sal van Donderdag tot Saterdag jou voete onder jou uit kook! Koop sy boek en laat hy dit teken.
KYK NET HIER! Armand Aucamp, bekende akteur en skrywer van ’n kookboek, sal van Donderdag tot Saterdag jou voete onder jou uit kook! Koop sy boek en laat hy dit teken.
 ??  ?? Leer verf by ’n meester! Die krytverfke­nner Nadine Vosloo van Tjhoko Paint is elke dag om 14:00 in aksie. Thjoko Paint-produkte sal ook by die opskietwin­kel in die Tuisstalle­tjie te koop wees.
Leer verf by ’n meester! Die krytverfke­nner Nadine Vosloo van Tjhoko Paint is elke dag om 14:00 in aksie. Thjoko Paint-produkte sal ook by die opskietwin­kel in die Tuisstalle­tjie te koop wees.
 ??  ?? Sondag is Renette Vosloo agter die kospotte. Renette se TV-program Rooitamati­e is in Augustus terug op VIA en haar boek sal by die skou te koop wees.
Sondag is Renette Vosloo agter die kospotte. Renette se TV-program Rooitamati­e is in Augustus terug op VIA en haar boek sal by die skou te koop wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa