Tuis

Met ’n laag verf

-

Gerda Kriegler van Hexrivierv­allei skryf Ek het ’n metaalstoe­l wat ek graag wil mooimaak. Waarmee kan ek dit skoonmaak (dis nogal verweer) en watter verfproduk­te beveel julle aan? Nadine Vosloo van Tjhoko Paint antwoord Tjhoko Paint is jou oplossing! Wat jy nodig het: • 2 stukke kaasdoek (of enige skoon, kleurlose lap wat vog absorbeer) • 750 ml lakverdunn­er • 50 mm-verfkwas van goeie gehalte • Tjhoko Paint in die kleur van jou keuse

Volg dan dié maklike raad: Maak ’n lap nat met die lakverdunn­er en vee die stoel af. Wag sowat 20 minute of tot die verdunner heeltemal droog is voor jy begin verf. Wend twee lae verf aan; wag tot die eerste laag droog is voor jy die volgende een aanwend.

Dis belangrik dat jy glasuur oor buiteopper­vlakke aanwend, want dit maak die verf UV- en waterbesta­nd. Boonop skep dit ’n subtiele satynafwer­king. Wag minstens vier uur nadat jy geverf het voor jy die glasuur aanwend. Tjhoko s’n het ’n waterbasis, so jy kan later weer daaroor verf. So maak jy: • Verdun die Thjoko Clear Glaze in ’n ander houer met sowat ’n derde water. • Gebruik ’n skoon, kleurlose stuk lap (kaasdoek of T-hempmateri­aal) en maak dit klam met water. Druk oortollige water uit. • Doop die klam lap in die glasuurmen­gsel en druk effens droog. • Vee egalig oor die geverfde oppervlak. • Werk in ’n area met goeie beligting om seker te maak jy bedek die hele area. • As die stoel aan direkte sonlig en die elemente blootgeste­l gaan wees, is drie lae aan te beveel (wag 30 minute ná elke laag). • As die lap droog of taai raak, kan jy dit in water afspoel en die proses herhaal. • Wanneer jy die glasuur op ’n plat oppervlak (soos ’n tafelblad) aanwend, moet jy 48 uur wag voor jy die oppervlak kan gebruik.

KONTAK tjhokopain­t.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa