Tuis

Vir die toekoms

-

Myra Hofmann van Malmesbury skryf Ons huis het ’n lieflike tuin en groot stoep waar ons dogtertjie kan speel. So lekker! Ons aftrede lê nog ver in die toekoms, maar ek wil seker maak ek en my man sal kan bekostig om hier aan te bly wanneer die tyd aanbreek. Ons wil nie gedwing wees om eendag te verkoop om ons lewenstand­aard te handhaaf nie. Enige raad?

Paul Hutchinson van Investec Asset Management antwoord

Dis nooit te vroeg om vir jou aftrede te begin spaar nie! Want hoe meer tyd ’n belegging het om te groei, hoe beter; só kan jy voordeel trek uit saamgestel­de rente – dis wanneer jy rente op rente begin verdien. Bonus!

Indien jy op ouderdom 20 begin spaar en 40 jaar lank 15% van jou totale salaris wegsit, kan jy ’n bedrag verdien wat gelykstaan­de is aan 20 keer jou jaarlikse inkomste in die jaar dat jy aftree.

Indien jou belegging groei teen ’n koers wat 7% hoër is as die inflasieko­ers (teen die huidige koers van 5,1% beteken dit 12,1%), behoort jy gemaklik op die ouderdom van 60 te kan aftree.

Met daardie geld in die bank kan jy jaarliks tot 5% van jou spaargeld trek en tot 90 leef sonder dat jou geld opraak.

Sou jy eers 10 jaar later begin spaar, sal jy 30% van jou totale salaris vir 30 jaar moet spaar om dieselfde neseier te hê teen jou 60ste verjaardag. Dis twee keer soveel geld elke maand (wat natuurlik jou besteebare geld verminder) om te vergoed vir die korter tydperk wat jou geld het om te groei. Sien jy hoekom ek sê dit maak sin om so vroeg moontlik te begin spaar?

Die goeie nuus is dat dit nooit te laat is om te begin nie. ’n Goeie finansiële beplanner kan jou help bepaal hoeveel geld jy moet spaar om nog jare lank die uitsig van jou stoep af te geniet. Ons almal verdien ’n gemaklike aftrede!

KONTAK investecas­setmanagem­ent.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa