Tuis

’n Vrot gewoonte

-

Gillian Law van Pretoria skryf Hoekom het sekere honde die aaklige gewoonte om hul eie of ander honde se ontlasting te eet? Ons het ’n 10 maand oue hondjie en sy speel met die ander drie (manlike) volwasse honde se bolle, maar nie met haar eie nie. Dit wil voorkom of dit ’n algemene probleem onder jong honde is, maar hoe sit ek dit stop?

Dr. Denver Mudie, ’n lid van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging,

antwoord Troeteldie­re dink dikwels dis ’n speletjie om ontlasting te eet, en hoe meer jy ’n ophef daarvan maak, hoe meer sal dit hulle stimuleer en opgewonde maak. Probeer dus maar om nie ’n bohaai op te skop as jy sien jou hondjie doen dit nie. Roep haar liewer en gee haar ’n happie wanneer sy na jou toe kom, dan is die beloning aantreklik­er as die pret van ontlasting eet.

Daar is ook ’n produk genaamd Copronat op die mark wat jy kan gebruik om die koprofagie (die mediese term vir wanneer ’n hond sy eie of ander honde of katte se ontlasting eet) te probeer stopsit. Dis ’n natuurlike kosaanvull­ing wat Yucca schidigera-ekstrak bevat; daar is reeds bewys dat dié krui met die probleem help en dit verbloem ook die aanstootli­ke reuk van honde en katte se winde. Dit moet vir minstens ses weke gebruik word.

Jy kan ook suurlemoen­sap op die bolle sprinkel; of probeer Avert, ’n uiters bitter oplossing wat gewoonlik gebruik word om te keer dat troeteldie­re aan wonde, verbande, steke en huishoudel­ike voorwerpe kou en lek. As jy dit direk op die bolle drup, kan dit ook jou hondjie daarvan weghou. KONTAK sava.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa