Tuis

Ludwig se rooshoekie

Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad ...

-

V: Van die punte en rande van my ‘Burgundy Iceberg’-roos se blare is bruin. Is dit ’n virus?

In baie warm tye, soos Februarie, wanneer daar heelwat verdamping plaasvind, kan die roos nie vinnig genoeg water van die wortels na die blare vervoer om te vergoed vir die water wat deur verdamping verlore gaan nie. Dit kan ook vererger word as die roos reeds nie genoeg water kry nie. Bo en behalwe die twee keer ’n week se goed natmaak, kan jy ook op die hitte van die dag 10 minute lank water gee sodat dit die plant en sy omringende area kan afkoel. ’n Deklaag sal ook help.

V: Dit lyk of my ‘Blue Bayou’-roos onder rooispinne­kop deurloop; hoe kan ek vasstel of dit die geval is?

Die eerste teken is dat die blare geel vlekke kry. Wanneer jy dit agterkom, draai die blaar om en kyk mooi; jy sal dalk piepklein spikkels op die onderkant sien. As jy dit teen die lig hou, sal die spikkels beweeg. Met hewige infestasie­s sal jy dalk selfs klein spinnerakk­e sien. Rooispinne­kop teel vinnig aan op die onderkante van blare wat te min water kry, omdat hulle van die gekonsentr­eerde sap hou. Maak die blare se onderkante gereeld nat en spuit met ’n oliebasis-plaagdoder soos Ludwig’s Insect Spray of Margaret Roberts Organic Insecticid­e; dit behoort infestasie­s te keer. As jy gereelder of vir langer tydperke natmaak, sal dit ook help.

 ??  ?? ‘Burgundy Iceberg’
‘Burgundy Iceberg’
 ??  ?? ‘Blue Bayou’
‘Blue Bayou’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa