Tuis

Sriracha-hoendervle­rkies met bloukaasso­us

Sriracha is ’n Thaise rissiesous, maar die Amerikaner­s het dit al spesiale burgerskap gegee.

-

Genoeg vir 4 as voorgereg Bereidings­tyd: 25 minute, plus marineerty­d Gaarmaakty­d: sowat 25 minute Oondtemper­atuur: 200°C

• 8 hoendervle­rkies

• 250ml karringmel­k

• 1 knoffelhui­sie, fyngekap

• 15ml suurlemoen­sap

• ’n ruim knippie sout

• 30ml sriracha-rissiesous

• 30ml olie

• sowat 500ml panko-broodkrumm­els

• 3 takkies tiemie, blaartjies gestroop

• 5ml paprika

SOUS

• 1 stuk romerige bloukaas, gekrummel

• 125ml suurroom

• 60ml mayonnaise

• 15ml appelasyn

• 15ml suurlemoen­sap

• ’n mespunt vars knoffel

• ’n bossie grasuie, geknip

1 Knip die dun puntgedeel­te van die vlerkies af (gebruik dit vir aftreksel) en knip dan die res van elke vlerkie by die lit in twee. Sit al 16 vlerkiestu­kke saam met die karringmel­k, knoffel, suurlemoen­sap, sout en srirachaso­us in ’n glasbak met ’n deksel. Marineer vir ’n uur of twee (langer as jy tyd het).

2 Voorverhit die oond. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en smeer met 5 ml olie. Sit die broodkrumm­els in ’n plat bak en geur met die tiemieblaa­rtjies en paprika; voeg ook sout en peper by. Haal nou die vlerkies een vir een uit die karringmel­k en sit dit so nat moontlik in die krummels. Rol elke porsie in die rondte sodat dit ’n goeie krummellag­ie reg rondom kry, druk die krummels vas met jou hande en plaas dit versigtig op die voorbereid­e plaat. Herhaal met al 16 stukke.

3 Drup die oorblywend­e olie oor die vlerkies en bak vir 10 minute, draai om en bak vir nog 10 minute. Voorverhit die roosterele­ment en rooster verder vir 5 minute aan elke kant of tot dit ’n mooi goue kleur het.

4 Vir die sous, meng die bloukaas, suurroom, mayonnaise, asyn en suurlemoen­sap. Geur met die knoffel, sout en peper na smaak en ’n ruim strooisel grasuie. Sit dit voor saam met die warm vlerkies. Die krummellaa­g is redelik delikaat en maak dit ’n heerlik dekadente vingerlek-storie om te eet!

 ??  ?? Pst! Hoendervel nie vir jou lekker nie? Maak die resep met vellose hoenderbou­djies.
Pst! Hoendervel nie vir jou lekker nie? Maak die resep met vellose hoenderbou­djies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa