Tuis

Borrie-tamaryn-en-jogurtsosa­ties met suurlemoen

Dié soet-suur sosaties smaak na meer!

-

Genoeg vir 6 sosaties • Bereidings­tyd: 25 minute plus marineerty­d • Gaarmaakty­d: sowat 25 minute • Oondtemper­atuur: 180°C

• 18 hoenderdyf­ilette

• 1–2 suurlemoen­e, in wiggies gesny

• ’n paar suurlemoen­blare

MARINADE

• 1 klein groen appel, geskil en gerasper

• 1ml elk cayennepep­er, komyn en koljander

• 2cm vars gemmer, geskil en fyngeraspe­r

• 2cm vars borriewort­el, geskil en fyngeraspe­r

• 1 knoffelhui­sie, fyngeraspe­r

• 30ml tamarynpas­ta

• 1 groen brandrissi­e, ontpit en gekap

• ’n knippie witsuiker

• 125ml ongegeurde jogurt

1 Meng al die marinadebe­standdele en meng dit dan goed deur die hoender. Skep in ’n glasbak, bedek en marineer in die yskas vir ’n uur of twee, maar verkieslik oornag.

2 Geur die hoenderstu­kke met sout en peper en ryg op 6 sosatiesto­kkies saam met ’n paar suurlemoen­wiggies en -blare vir die mooi. Onthou om houtstokki­es vooraf in water te week anders kan dit vlam vat tydens die gaarmaakpr­oses.

3 Voorverhit die oond. Verhit ook ’n gietyster-riffelpan tot lekker warm en braai die sosaties daarin tot dit ’n mooi kleur kry en geurige bruin lyntjies maak. Sit dan die pan met sosaties in die oond en bak vir nog 15 minute of tot die hoender deurgaar is. As jy nie ’n riffelpan het nie, kan jy die sosaties in ’n gewone pan braai en in ’n oondpan klaar bak; of braai oor matige kole tot gaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa