Tuis

Hoender-en-mieliesop

-

Die sukses van dié eenvoudige gereg lê in bestanddel­e van net die beste gehalte. Dit kan met die eerste proeslag laf wees, maar voor jy te veel sout en soja byvoeg, geniet die skoon smake en dokter eers ná ’n paar lepels vol as jy moet.

Genoeg vir 4 as voorgereg • Bereidings­tyd: 25 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• 1,2 liter tuisgemaak­te hoenderaft­reksel • 2 mielies, gaar gerooster • 3 sprietuie, fyngekap • 200g mini-hoenderfil­ette • 25ml mielieblom • 2cm vars gemmer, geskil en gerasper • 15ml ligte sojasous • 15ml ryswynasyn

1 Begin deur die hoenderaft­reksel stadig te verhit tot warm. Sny die mieliepitt­e van die stronk af en voeg dit saam met die sprietuie en heel hoenderstu­kke by die warm aftreksel. Laat dit rustig prut vir sowat 5 minute. Skep die hoender uit die sop en laat effens afkoel.

2 Gebruik ’n mes en vurk of, as dit nie te warm is nie, sommer jou vingers om die gaar hoender versigtig in kleiner happiegroo­t stukke te skeur. Op dié manier is die hoender baie sappig omdat dit stadig gaargemaak is en nie teen die draad van die vleis gesny word nie.

3 Meng die mielieblom in ’n bakkie met ’n paar lepels aftreksel om ’n loperige, gladde pasta te vorm en roer dit dan by die sop saam met die hoender, gemmer, soja en asyn. Laat prut nou vir ’n paar minute sodat die mielieblom die sop effens kan verdik. Dit bly ’n dun sop, maar danksy die mielieblom is dit nie waterig nie. Sit dit stomend warm voor met sout en peper na smaak en verbeel jou jy kuier in die beste Chinese restaurant!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa