Tuis

Hoenderker­rie met masala en tamatie

Dié kerrie is nog lekkerder die dag nadat dit gemaak is! Die oorskiet is heerlik net so saam met roti’s en rys, of oorweeg dit gepluis as ’n geurige pastei- of samoesa-vulsel.

-

Genoeg vir 4 ruim porsies • Bereidings­tyd: 30 minute plus marineerty­d • Gaarmaakty­d: sowat 1 uur • Oondtemper­atuur: 180°C

• 4 hoenderkwa­rte (dy-en-boudjie)

• 45ml tamatiepas­ta

• 45ml tandoori-masala

• 2 knoffelhui­sies, gekap

• 2cm vars gemmer, gerasper

• 125ml ongegeurde jogurt

• 1 blik heel tamaties

• 1 groen brandrissi­e, gekap

• 3ml rissievlok­kies

• 125ml room

• 15ml olie

• 5ml vinkelsaad

• 1 mediumgroo­t botterskor­sie, geskil en in blokkies gesny

• 125ml amandelvlo­kkies, gerooster

• vars koljander vir garnering (opsioneel)

1 Gebruik ’n skerp mes en maak so vyf diep diagonale insnydings in elke stuk hoender deur die vel – dit help dat die geure beter intrek. Meng nou die tamatiepas­ta, masala, knoffel, gemmer en jogurt, vryf dit goed in die hoender in en marineer vir minstens ’n uur (of oornag in die yskas).

2 Voorverhit die oond. Keer die tamaties uit in ’n oondbak en druk fyn met ’n aartappeld­rukker. Skep die hoender met die marinade bo-op die tamaties. Strooi die vars en droë rissies oor en geur met sout en peper na smaak. Giet die room oor en bak vir sowat 1 uur tot die hoender smeltsag en geurig is. Die gaarmaakty­d gaan afhang van die grootte van die hoenderstu­kke.

3 Meng intussen die olie en vinkel deur die botterskor­sie en geur met sout en peper. Bak dit sommer saam met die hoender tot gaar as jou oond groot genoeg is. Dit behoort nie langer as 35–40 minute te neem nie, so haal dit voor die hoender uit.

4 Om voor te sit, skep die gaar botterskor­sie by die hoender en strooi die amandelvlo­kkies en koljander oor. Geniet met langkorrel­rys en roti’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa