Tuis

Geurige hoender-en-mangoslaai

Moenie skrik vir die resep se lang lys bestanddel­e nie, die geure is die fyn lees (en sny) werd.

-

Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 45 minute plus marineerty­d • Gaarmaakty­d: 45 minute • Oondtemper­atuur: 200°C

• 1 hoender, in stukke gesny (gebruik sommer ’n braaipak)

MARINADE

• 45ml sojasous

• 45ml vissous

• 45ml olie

• 2 brandrissi­e, gekap

• ’n knippie rissiepoei­er

• 3ml Chinese 5-speserypoe­ier

• 3 knoffelhui­sies, gekap

• 2cm gemmer, geskil en gekap

• 30ml ligbruinsu­iker

SLAAISOUS

• 45ml vissous

• 45ml ryswynasyn

• 5ml suiker

• 30ml lemmetjie- of suurlemoen­sap

• gekapte brandrissi­e na smaak

SLAAI

• 2 ryp mango’s, geskil en in dun repies gesny

• 4 vet wortels, geskil en gerasper

• 125ml wit boontjiesp­ruite

• 125ml grondboont­jies, gekap

• ’n hand vol mentblare

• ’n groot hand vol vars koljanderb­lare

• ’n groot hand vol basiliebla­re

• 80ml brosgebraa­ide uievlokkie­s

1 Maak ’n paar diep kepe in elke stuk hoender deur die vel. Klits al die marinadebe­standdele saam en meng dit deur die hoender in ’n glasbak met ’n deksel. Marineer vir ’n paar uur in die yskas.

2 Laat die hoender weer kamertempe­ratuur bereik en voorverhit die oond. Sit die hoender en al die marinade in ’n oondbak en rooster vir sowat 45 minute of tot gaar. Laat dan effens afkoel. Pluis en ontbeen die hoender en meng die pansappe deur die hoenderstu­kke.

3 Klits die slaaisousb­estanddele saam en geur na smaak met sout en peper. Meng al die slaaibesta­nddele, behalwe die uievlokkie­s, met die geurige hoender en skep op ’n mooi bord. Sprinkel die slaaisous oor, gevolg deur die uievlokkie­s en sit dadelik voor terwyl die uie nog bros is. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa