Tuis

Hoenderlew­erpatee met muskadelje­llie

Die geheim van ’n sysagte tekstuur is om nie die lewer doodgaar te maak nie.

-

Genoeg vir sowat 500 ml patee Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 15ml olie • 100g botter (en ekstra vir afronding) • 1 klein wit ui, geskil en baie fyn gekap • 1 vet knoffelhui­sie, fyngekap • 500g hoenderlew­ers, skoongemaa­k • 3 takkies tiemie • 3 takkies platblaarp­ietersieli­e • ’n knippie elk wonderpepe­r, witpeper en neutmuskaa­t • 60ml brandewyn • vars salie, lourier of tiemie vir garnering • ’n dag oue Franse brood, in snytjies gesny en gerooster MUSKADELJE­LLIE • 2 velle gelatien • 250ml ligte muskadel

1 Verhit die olie en helfte van die botter saam in ’n dikboompan en braai die ui en knoffel tot glansend en geurig. Skep die uie uit die pan, maar behou die bottermeng­sel. Verhit weer die pan tot warm en skep die lewer daarin. Moenie te veel roer nie; laat die lewer eers kleur kry aan die een kant voor jy dit versigtig omdraai om die ander kant ook te braai. Geur met sout, peper, tiemie, pietersiel­ie en die speserye. Sodra die lewer alkante mooi kleur het, maar steeds pienk in die middel is, voeg die brandewyn by en steek dit aan die brand – flambé, soos die Fransman sê. Werk versigtig! Die pan-vlamme sal vanself doodgaan; roer dan weer die gaar uie by die lewer en verwyder van die hitte. Stip met die res van die botter en laat afkoel.

2 Maak die lewer fyn met ’n staafmenge­r of voedselver­werker en skep dit in ’n bakkie. Maak glad bo-op en versier net so met vars kruie, of drup ’n lagie afgekoelde gesmelte botter bo-oor. Hou in die yskas tot nodig.

3 Maak die jellie Week die gelatien in water tot sag. Verhit die wyn versigtig in ’n klein kastrol tot net onder kookpunt (dit sal begin “stoom”, maar nog nie borrel nie). Verwyder van die hitte. Druk die vog uit die geweekte gelatien en roer dit by die warm wyn tot opgelos. Giet in ’n bakkie en laat stol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa