Tuis

Prego-platannas

Besluit self hoeveel byt jy in jou pregosous wil hê – onthou net, hoe kleiner die rissie, hoe erger brand dit!

-

Genoeg vir 8 burgers Bereidings­tyd: 45 minute plus marineer- en afkoeltyd Gaarmaakty­d: 30 minute

• 8 hoenderbor­sfilette • 2 tamaties, in skywe gesny • ’n groot hand vol botterslaa­iblare • 8 Portugese broodrolle­tjies PREGOSOUS • 2 mediumgroo­t rooi soetrissie­s • 2 groot rooi brandrissi­es • 3–5 klein brandrissi­es, gekap • 5ml peri-peri-speserymen­gsel • 10ml gerookte paprika • 3ml gedroogde gemengde kruie • 1 klein wit ui, geskil en gekap • 125ml suurlemoen­sap • 60ml appelasyn, plus ’n ekstra skeut aan die einde • 60ml olyfolie • 10 knoffelhui­sies, in dun skyfies gesny

1 Maak die sous Rooster die soet- en groot brandrissi­es onder jou oond se roosterele­ment tot oraloor swart en vol blasies. Sit dit dan in ’n bak met ’n deksel en laat sweet vir ’n paar minute. Trek die gebrande skille af. Ontpit die soetrissie­s, sny in kleiner stukkies en sit dit saam met die res van die sousbestan­ddele, behalwe die knoffel, in ’n klein kastrol. Maak fyn met ’n staafmenge­r, roer die knoffel by en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut vir nog so 20 minute tot geurig en dik. Geur na smaak met sout en peper en ’n ekstra skeut asyn vir woema. Laat afkoel.

2 Vlek die hoenderbor­sfilette effens oop deur met ’n skerp mes ’n insnyding in die dikste deel van die vleis te maak en die vleis oop te vou. Kap die filette dan met ’n vleishamer effens platter sodat dit meer eweredig gaar word.

3 Sit die “platannas” in ’n plat bak en verf die vleis mildelik oraloor met die sous. Marineer vir sowat 30 minute.

4 Braai die hoender vinnig oor warm kole of in ’n warm pan en bedruip deurgaans met nog sous. Geur na smaak met sout en peper.

5 Om voor te sit, stapel die gaar hoender, tamaties en blare op die vars rolletjies en smul dadelik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa