Tuis

Dis makliker as wat jy dink – en daar is soveel moontlikhe­de!

-

BOTTERBLOM

• Vul ’n spuitsak met ’n sterpunt met bottervers­iersel in die kleur van jou keuse. • Hou die spuitpunt op een plek naby die oppervlak. Druk nou die versiersel van die agterkant van die spuitsak met konstante druk sonder om die sak op te lig totdat daar ’n stervormig­e botterblom rondom die punt vorm. Sodra die “ster” na jou sin lyk, hou op druk en lig die punt versigtig op. Herhaal vir nog blomme en probeer om almal ewe groot te maak. • Om jou blom af te rond kan jy ’n tweede spuitsak met ’n klein, ronde spuitpunt en geel versiersel gebruik vir ’n geel kolletjie in die middel; of gebruik gekoopte versiersel­balletjies.

ROOS

• Vul ’n spuitsak met ’n sterpunt met bottervers­iersel in die kleur van jou keuse. • Hou die spuitpunt naby die oppervlak, druk die sak van agter en laat die versiersel stadig “val” (met ander woorde, jy hou nie die punt in die versiersel soos met die botterblom­metjies nie); beweeg die sterpunt dan rondom die middelpunt in een egalige spiraal om die roos te vorm. Om af te eindig, hou op met druk en lig die punt weg van die spiraal. As die eindpunt te opsigtelik is, kan jy dit glad maak met die agterkant van ’n teelepel, maar moet liefs nie te veel karring nie.

KRISANT

• Vul ’n spuitsak met ’n halfmaan-riffelpunt met bottervers­iersel in die kleur van jou keuse. Hou die spuitsakke wat jy vir die rose en botterblom­me gebruik het byderhand as daar nog ’n bietjie versiersel daarin oor is; jy gaan dit hier gebruik. • Begin met ’n mini-semelkoeki­e of -Mariebesku­itjie as basis en maak eerste die buitenste blare. • Hou die spuitpunt naby die rand van die koekie en hou die spuitsak só vas dat die spuitpunt-opening se ronding na buite wys. Druk nou saggies aan die agterkant van die spuitsak en lig die punt op na die buitekant van die blom in ’n egalige beweging. Hou op spuit sodra die blaar lank genoeg is. Herhaal al om die rand vir die lang buiteblare. • Spuit dan met dieselfde tegniek ’n tweede ry blomblare wat effens korter is net binne die buiteblare. Om die blom af te rond, gebruik die sterpunt-spuitsak in die roos- of botterblom­kleur en maak ’n klein ster in die middel. Versier verder met ’n paar versiersel­balletjies as jy wil.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa