Tuis

Steak-en-groentetor­tillas

-

Onder R140 • Genoeg vir 4 porsies • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 30 minute • Oondtemper­atuur: 200°C

• 450g wortels, blomkool en botterskor­sie, in happiegroo­t stukkies gesny • 30ml olyfolie • 600g kruisskyf

• 30 ml biltongspe­serymengse­l • 4–6 tortillas • 45 ml basiliepes­to • ’n hand vol roket • mayonnaise (opsioneel)

1 Voorverhit die oond. Versprei die groente in ’n oondrooste­rbak en drup die olyfolie oor. Geur met sout en peper en bak tot gaar en sag. As die tyd knyp, kan jy die groente ook stoom of kook.

2 Sny enige dik, wit vet van die vleis af en dan in klein stukkies (kyk dat daar nie sigbare senings in is nie). Vryf die vleis met die speserye in en hou eenkant. Braai eers die vet uit in ’n dikboompan, dan het jy nie ekstra olie nodig nie. Braai dan die vleis in die uitgebraai­de vet tot alkant goudbruin en so gaar soos jy daarvan jou. Laat die die vleis eers goed kleur kry aan een kant voor jy dit omdraai; braai ook die dun kante. Laat rus die vleis vir 5 minute van die hitte af in die pan (met die deksel op) voor jy dit sny.

3 Rooster nou die tortillas een-een in ’n skoon, droë pan (sonder olie) – dit verseker jou tortilla proe vars. Sny die steak met ’n skerp mes in dun skyfies en skep die pesto bo-op. Strooi die roketblare oor die groente en laat elke persoon sy eie tortillapa­kkie bou met of sonder ’n smeersel mayonnaise.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa