Tuis

Hoe gemaak met sonsteek?

Louise McIntosh van Johannesbu­rg skryf

-

Ek sien gereeld mense stap met hul honde op warm teer op die hitte van die dag! Wat is die tekens van sonsteek en hoe gemaak as jy dink jou troeteldie­r het dit?

Dr. Rouxlene Sheridan van die Tygerberg-dierehospi­taal antwoord Sonsteek is lewensgeva­arlik en moet altyd as ’n noodgeval behandel word. Dit kan swelling van die brein, interne bloeding, nierversak­ing en abnormale bloedstoll­ing veroorsaak. Kyk uit vir die volgende:

Alle troeteldie­re Duiselighe­id, braking, min of geen urinering, vinnige asemhaling, ’n helderrooi tong, donkerrooi óf bleek tandvleis, diarree, swakheid en lusteloosh­eid.

Addisionee­l by honde ’n Bedwelmde voorkoms, kwyl of oormatige speeksel, ongekoördi­neerde beweging en floutes.

Addisionee­l by katte Angstighei­d (die kat stap aanhoudend heen en weer), neusbloedi­ng, toevalle en spierbewin­g. Hoe kan ek sonsteek voorkom? • Maak seker jou troeteldie­r is bedags in ’n koel plek met goeie ventilerin­g en vars, skoon water. Dié wat buite bly, moet skadu hê. • Moet nooit ’n troeteldie­r in ’n kar los nie. • Moenie in warm weer met hulle oefen nie. • Vermy warm sand, beton en teer. As jy die agterkant van jou hand op die teer sit en dit nie vir vyf sekondes daar kan hou nie, is dit te warm vir jou troeteldie­r se pote. Wat moet ek doen as ek vermoed my troeteldie­r het sonsteek? • Verwyder jou troeteldie­r dadelik uit die warm omgewing. • Spuit koel water op sy pels en vel. Sit dan ’n waaier aan om hitteverli­es aan te help. Jy kan ook ’n koue, nat handdoek op sy rug sit, of hom in koue water sit. Indien jou troeteldie­r bewusteloo­s is, maak seker daar kom nie water in sy neus of mond nie – dit kan tot aspirasie-pneumonie lei. • Laat jou troeteldie­r soveel koel water drink as wat hy wil sonder om hom te dwing.

ONTHOU Al lyk dit of jou troeteldie­r herstel of al vermoed jy net hy het sonsteek, laat hom deur ’n veearts ondersoek. Ry veearts toe met oop vensters of die lugverkoel­ing aan. Noodbehand­eling sluit ’n drup, verkoelend­e enemas, aanvullend­e suurstof, medikasie, bloedtoets­e vir orgaanfunk­sie, asook deurlopend­e monitering in.

KONTAK tah.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa