Tuis

Enchiladas met kaassous

-

’n Witsous of bechamel is die basis van talle geregte en maklik om te berei – op die stoof of in die mikrogolfo­ond as die tyd knyp. Geur altyd goed met sout, peper en ’n knippie neutmuskaa­t, of jy nou kaas gaan byvoeg of nie. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 50 minute

• 500 ml gepluisde braaihoend­er • 125 ml van jou gunsteling-braaisous • 6 tortillas • 30 ml ingelegde jalapeño-skyfies

3 sprietuie, gekap • ’n strooisel vars koljander KAASSOUS • 50 ml botter • 50 ml meel • 500 ml melk, warm • 1 lourierbla­ar • 5 ml Dijonmoste­rd • 250 ml gerasperde beleë cheddarkaa­s • neutmuskaa­t

1 Maak die kaassous terwyl die oond voorverhit. Smelt die botter oor matige hitte in ’n klein kastrol. Voeg die meel by en klits met ’n ballonklit­ser tot glad (dié mengsel word ’n “roux” genoem). Braai vir ’n minuut tot skuimerig. Verwyder die kastrol van die hitte en klits die melk geleidelik by tot glad. Sit terug op die hitte, voeg die lourierbla­ar by en kook oor matige hitte tot dik; roer die sous deurentyd rustig sodat dit nie brand nie. Verwyder van die hitte, gooi die lourierbla­ar weg en klits die mosterd en helfte van die kaas by. Geur met sout, peper en neut na smaak.

2 Meng van die braaisous deur die hoender en verdeel dit tussen die tortillas. Maak ’n pakkie deur die linker- en regterkant oor die vulsel te vou en dit dan op te rol. Rangskik die pakkies redelik styf teen mekaar in ’n gesmeerde oondbak. Giet die kaassous oor en strooi die oorblywend­e kaas bo-oor. Bak vir sowat 20 minute of tot die kaas borrel en mooi bruin is. Sit voor met die rissies, sprietuie en koljander bo-oor gestrooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa