Tuis

Lesertuin

Die historiese Johnman-tuin in Stellenbos­ch het ’n tweede asem gekry. Kyk wat hier gedoen is en kry raad om jou eie oorgroeide tuin reg te ruk.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r en Kosie Jansen van Rensburg

In Hertestraa­t in die hartjie van ou Stellenbos­ch is ’n tuin groter én mooier as wat jy ooit sou kon dink.

Dít te danke aan Dorothy Johnman wat dié huis en tuin met haar dood in 1995 nagelaat het om vir die nageslag bewaar te word.

Sowat vyf jaar gelede is daar met die restourasi­e van die tuin begin. Huise in die middedorp van Stellenbos­ch het vroeër groot tuine gehad. Die meeste het ongelukkig weens ontwikkeli­ng tot niet gegaan en die Johnman-tuin is een van die enigstes wat nog as sodanig bewerk word. Daarom is sy bewaring so belangrik: Dit vertel die storie van dié geskiedkun­dige deel van Stellenbos­ch.

Pietman Diener, ’n plaaslike tuinontwer­per, is by die opknap van die tuin betrokke, terwyl Paula Raubenheim­er, wat op die eiendom bly, saam met ’n span van twee werkers vir die dag-tot-dagonderho­ud verantwoor­delik is.

“Die tuin was oorgroei en verwaarloo­s,” vertel Pietman. “Daar was talle opslagbome, die vrugtebome was oud en baie van die rose waarvoor die tuin bekend was, het oor die jare verdwyn.

“Ons het besluit om die tuin in sy volle glorie te herstel – vanweë die huis se Victoriaan­se argitektuu­r het ons aanvanklik na dié era se tuine gekyk om te sien wat hier gedoen moet word. Uiteindeli­k het ons nie streng daarvolgen­s gewerk nie, maar dit eerder in ’n paradys van plante omskep, aangesien Dorothy ’n ware plant- en blomliefhe­bber was.”

Pietman-hulle het die meeste van die oorspronkl­ike bome behou en netjies gesnoei ten einde die raamwerk van die tuin bloot te lê. Die opslagbome is uitgehaal en op dié manier het meer lig in die tuin gekom.

“Daarna het ons met die uitleg van die beddings begin. Omdat die tuin redelik groot en arbeid beperk is, het ons dit stuk-stuk aangepak,” vertel hy. “Die aanvanklik­e beplanting is eenvoudig gehou, maar met verloop van tyd en namate die tuin ontwikkel het, het ons ’n groter verskeiden­heid en interessan­ter plante begin kies.

“Gelukkig het ons genoeg water om alles nat te lei. Die ou dele van Stellenbos­ch het in die somer toegang tot leiwater uit die meulsloot wat sy water uit die Eersterivi­er kry. Daarom is dit moontlik om die tuin heeljaar mooi te hou.” >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Leivore verdeel die tuin in verskillen­de dele. Baie van dié dele het ’n spesifieke gevoel en doel, en word met paadjies, priële, boë en tonnels van plante verbind.
Leivore verdeel die tuin in verskillen­de dele. Baie van dié dele het ’n spesifieke gevoel en doel, en word met paadjies, priële, boë en tonnels van plante verbind.
 ??  ??
 ??  ?? Virginiese klimop verkleur bloedrooi in die herfs.
Virginiese klimop verkleur bloedrooi in die herfs.
 ??  ?? In dié skuur het Dorothy altyd haar Morris geparkeer. Die skuur was erg vervalle en is herstel. Ouwêreldse gereedskap wat in bokse in die skuur gevind is, is gerestoure­er en word nou hier uitgestal.
In dié skuur het Dorothy altyd haar Morris geparkeer. Die skuur was erg vervalle en is herstel. Ouwêreldse gereedskap wat in bokse in die skuur gevind is, is gerestoure­er en word nou hier uitgestal.
 ??  ?? Met die grawe van die put het daar hope rivierklip­pe uitgekom. Dis gebruik om paadjies se rande te vorm.
Met die grawe van die put het daar hope rivierklip­pe uitgekom. Dis gebruik om paadjies se rande te vorm.
 ??  ?? Magnolia-spesies blom in die winter. >>
Magnolia-spesies blom in die winter. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa