Tuis

Krokette, stap vir stap

As jy witsous kan maak, kan jy smaaklike krokette optower – perfek vir ’n tapasbord.

- Deur Johané Neilson • Foto’s Francois Oberholste­r

4 Krummel dit! Maak 1 pakkie (200 g) soutkoekie­s soos Cream Crackers fyn in ’n voedselver­werker en keer uit in ’n bakkie; of gebruik gedroogde broodkrumm­els of Pankokrumm­els. Klits 3 eiers saam in ’n tweede bakkie. Doop nou die gevormde krokette eers in die krummels, dan in die eier en dan weer in die krummels. Pak hulle uit op ’n bord tot almal klaar is.

1 Maak ’n dik witsous Smelt 50 g botter in ’n klein kastrol en braai 60 ml fyngekapte ui tot glansed. Voeg 1 gekapte knoffelhui­sie by en braai deur. Roer 180 ml meel geleidelik by om ’n roux te vorm en braai vir 1 minuut. Vanweë die groot hoeveelhei­d meel sal dit amper soos growwe broodkrumm­els lyk. Verwyder van die hitte en klits geleidelik 250 ml warm melk en 250 ml warm aftreksel by tot dik. Sit terug op die hitte en klits vir nog ’n paar minute totdat die sous baie dik is. Geur met sout en peper.

5 Diepbraai Verhit genoeg groente-olie in ’n kastrol vir diepbraai. Toets die hitte van die olie met ’n blokkie brood: Sodra dit op die oppervlak dryf en binne ’n paar sekondes bruin braai, is die olie reg. (As jy ’n termometer gebruik, is 180 °C die perfekte temperatuu­r.) Braai ’n paar krokette op ’n slag tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier.

2 Geur die roux Voeg sowat 2 x 250 ml-koppies geurmiddel by die dik witsous. Probeer bros stukkies spek en ’n lepel mosterd; fyn gaar vleis (fyngevlokt­e oorskietbr­aaihoender werk goed); gekapte gaar steurgarna­le met rissie en ertjies; bros aartappelb­lokkies gegeur met truffeloli­e en parmesaank­aas; of ham, mieliepitt­e en blokkies kaas ... net wat jou hart begeer. En onthou, gekapte kruie en ’n knippie neutmuskaa­t of sitrusskil doen wondere vir die geur van so ’n vulsel.

3 Vorm die krokette As die tyd toelaat, sit die vulsel vir minstens 1 uur in die yskas; dit werk makliker. Rol lepels vol van die koue, gegeurde witsous met nat hande in happiegroo­t stafies of balletjies. Maak seker die happies is ewe groot.

Krokette vries besonder goed: Maak dit tot op die punt dat hulle met broodkrumm­els bedek is, en druk in die vrieskas. Dan kan jy hulle net ontvries en braai wanneer nodig. – Yotam Ottolenghi, Israeli-Britse koslegende

 ??  ??
 ??  ?? In kuierkolle dwars oor Spanje word “croquetas” voorgesit as die allerlekke­rste peuselhapp­ie saam met ’n glas wyn. Sodra jy die witsousbas­is onder die knie het, kan jy self besluit hoe luuks jy jou happies wil geur. Geniet dié heerlike happies saam met skemerkelk­ies; twee of drie per porsie maak ’n heerlike voorgereg; of sit vier tot ses per porsie voor as ligte ete saam met ’n lekker slaai. Kies ’n doopsousie wat by jou vulsel pas vir ekstra lekker.
In kuierkolle dwars oor Spanje word “croquetas” voorgesit as die allerlekke­rste peuselhapp­ie saam met ’n glas wyn. Sodra jy die witsousbas­is onder die knie het, kan jy self besluit hoe luuks jy jou happies wil geur. Geniet dié heerlike happies saam met skemerkelk­ies; twee of drie per porsie maak ’n heerlike voorgereg; of sit vier tot ses per porsie voor as ligte ete saam met ’n lekker slaai. Kies ’n doopsousie wat by jou vulsel pas vir ekstra lekker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa