Tuis

Tuindilemm­a

-

Die uitdaging

Amanda Green van Kaapstad skryf Ek bly in ’n woonstel en het dus nie plek vir ’n tuin nie, maar bestee graag tyd op my balkon, veral in die warmer maande. Ek is glad nie ’n ervare tuinier nie, maar sou graag wou weet wat ek in potte kan plant om my balkon ’n bietjie kleur in die lente te gee; hoe doen ek dit?

Die oplossing

Pietman Diener, ’n tuinontwer­per van

Stellenbos­ch, antwoord Plant in die herfs ’n verskeiden­heid bolle en jaarplante wat in die lente blom in potte en plaas hulle in ’n sonkol op jou balkon waar dit kleur kan verskaf.

Bolle in potte het goeie versorging nodig om mooi te blom en moet genoeg voeding en water kry. Gebruik dus goeie potplantgr­ond, hou dit klam en gee die bolle gereeld kos. Dis belangrik dat die potte van die begin af in die son staan. Indien die bolle wat jy gebruik halfskaduw­ee verkies, is sowat vyf uur se oggendson voldoende.

Enige pot of houer sal werk, solank dit groot genoeg is vir die aantal bolle wat jy wil plant. Gebruik minder van elke bol en saailing in klein houers sodat hulle mekaar nie verdring nie.

SÓ MAAK JY

1 Boor minstens vyf dreinering­sgate onderin die houer as dit nie reeds gate het nie; oortollige water moet kan uitloop. 2 Bedek die bodem van die houer met ’n laag Bidim-geotekstie­l of skadunet wat water deurlaat; dit keer dat die grond deur die gate val, maar laat steeds die water deur vir goeie dreinering. Gooi ’n lagie gruisklipp­ies, sowat 2–5 cm dik, daarop. 3

Maak die pot nou sowat driekwart vol goeie potplantgr­ond. Dit is nie nodig om ekstra kompos by die grond te voeg nie; goeie potplantgr­ond behoort dit reeds in te hê. Voeg ’n hand vol organiese bemesting soos Atlantic Fertiliser­s se Bio Ganic All Purpose by om die bolle ’n hupstoot te gee. 4

Maak nou die grond nat. Dit sak gewoonlik ’n bietjie nadat jy natgegooi het; vul dus op indien nodig. 5

Plant die bolle volgens die aanwysings op die pak – dit sê hoe diep en hoe ver uit mekaar elke soort bol geplant moet word. Wanneer alles in die grond is, maak die pot tot ongeveer 1 cm onder die rand vol potplantgr­ond. 6

Maak die bolle sowat drie keer per week goed nat. Dit moet klam bly en nooit uitdroog nie; moet net nie soveel water gee dat dit opdam nie. 7

Wanneer die bolle uitgeloop het, moet dit elke twee weke kos kry; produkte soos Seagro en Nitrosol werk goed.

Wanneer die bolle begin blom As jy pronkertji­es, papawers, vergeet-my-nietjies, kappertjie­s of vilette tussen die bolle geplant het, sny die dooie blomme gereeld uit; die pot sal mooier lyk en die saailinge sal meer blom. Hou in gedagte dat bolle soos affodille en tulpe net een blom per seisoen maak.

Ná blomtyd Moenie ophou kosgee wanneer die blomme doodgaan nie. Die blare neem die voeding op en stoor dit in die bol sodat dit volgende jaar weer kan blom.

Tot volgende herfs Haal die bolle uit wanneer al die blare dood is en bêre hulle op ’n koel, droë plek. Nie al die bolle sal noodwendig die volgende jaar weer blom of dieselfde aantal blomme lewer nie. Deel jou bolle met ’n vriend en koop nuwe bolle vir jou potte.

KONTAK Pietman Diener 072 376 5632

 ??  ??
 ??  ?? Sneeuvlokk­ies verskyn jaar ná jaar
Sneeuvlokk­ies verskyn jaar ná jaar
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa