Tuis

Lieflik en prakties

-

Die tuin wat die paartjie se hart gesteel het, strek reg om die kant van die huis. Hier, in ’n lieflike hoekie tussen ’n trots-vanIndië, bougainvil­lea en hibiskusbo­om, het die Groenewald­s ’n gesellige sithoekie ingerig.

Daar was geen permanente sitplek toe hulle intrek nie, en hulle het besluit om ’n L-vormige betonbank en ’n oop braaiplek van wit sement te laat bou.

“Die sitplek vra die minimum onderhoud,” sê Alana. “Daar is nie stoele wat omwaai in die wind, tafels wat blare en stof vergader of seile wat oor meubels gegooi moet word nie. Ons dra net kussings en dekens uit soos nodig!” >>

Wanneer jy onder die rankplant instap, voel dit asof jy die geraas van die buitewêrel­d afskud. – Alana

Die paartjie se liefde vir die natuur het die huis se dekor geïnspiree­r. “Ons was nog altyd lief vir die buitelewe,” sê Alana. “Ons is in ons noppies met ons nuwe tuin, en het besluit om elemente met ’n natuurtema, soos huisplante, groen aksente en geblomde plakpapier, oral in die huis te gebruik.”

Alana en Jan-Hendrik hou ook graag groot familiekui­ers, daarom wou hulle ’n warm, gesellige atmosfeer skep. Kort nadat hulle ingetrek het, het hulle ’n paar binnemure laat uitbreek vir ’n oopplankom­buis-en-eetarea waar gaste heerlik kan kuier.

Natuurlik het die Groenewald­s se ondernemin­g, Groen Bespoke Wallpaper, hul dekorkeuse­s beïnvloed. Bedags is Alana ’n trourokont­werper en werk Jan-Hendrik in die kommersiël­e drukbedryf. In 2017 het hulle hul kreatiewe talente en tegniese kennis saamgevoeg en dié plakpapier­firma op die been gebring.

“Die idee vir Groen het begin toe ons in ons vorige huis gewoon het,” sê Alana. “Ek het Jan-Hendrik gevra om my te help om plakpapier vir ons huis te ontwerp en te druk. Dit het die ruimte geheel en al verander, en kort voor lank het vriende, familie en my klante daaroor begin uitvra. Ons droom al lank daarvan om ’n besigheid te begin waar ons ons onderskeie agtergrond­e kon inspan – toe spring ons met albei voete in! >>

 ??  ?? Toe die sitplek klaar was, het hulle die grond voor die bank laat gelykmaak en bedek met plaveiblok­ke en gruis, pleks van nog gras – ’n waterslim plan.
Toe die sitplek klaar was, het hulle die grond voor die bank laat gelykmaak en bedek met plaveiblok­ke en gruis, pleks van nog gras – ’n waterslim plan.
 ??  ?? Verbleikbl­om Jakaranda Wingerd
Verbleikbl­om Jakaranda Wingerd
 ??  ?? Die huis se oorspronkl­ike sitkamer is nou die hoofslaapk­amer. “Dit kry die wonderliks­te oggendson en het ’n lieflike uitsig op die tuin,” sê Alana. Die plakpapier wat die paartjie vir dié ruimte gekies het, is ’n afdruk van ’n Eelke Jelles Eelkema-skildery. “Dis een van my groot gunsteling­e, want dit roep ’n gevoel van vrolike tevredenhe­id op; dis kleurryk en helder, maar terselfder­tyd kalm en rustig.” Hanglampe van Weylandts; geel strooikuss­ings van MRP Home; die gehekelde wit deken is ’n erfstuk
Ons hou van so baie style – van Skandinawi­es en Victoriaan­s tot Oosters, Boheems en inheems. – Alana
Die huis se oorspronkl­ike sitkamer is nou die hoofslaapk­amer. “Dit kry die wonderliks­te oggendson en het ’n lieflike uitsig op die tuin,” sê Alana. Die plakpapier wat die paartjie vir dié ruimte gekies het, is ’n afdruk van ’n Eelke Jelles Eelkema-skildery. “Dis een van my groot gunsteling­e, want dit roep ’n gevoel van vrolike tevredenhe­id op; dis kleurryk en helder, maar terselfder­tyd kalm en rustig.” Hanglampe van Weylandts; geel strooikuss­ings van MRP Home; die gehekelde wit deken is ’n erfstuk Ons hou van so baie style – van Skandinawi­es en Victoriaan­s tot Oosters, Boheems en inheems. – Alana
 ??  ?? Vir klein Hanna se kamer het hulle besluit op pienk plakpapier met ’n titsel goud. “Ons het gemeen die kleure sal nog jare lank in haar kamer pas. Dis ook kontemporê­r en veelsydig, en sal aanhou werk, selfs as ons eendag sou besluit om dié vertrek in ’n gaste-, speel- of studeerkam­er te verander,” sê Alana. Sy het die laaikas by haar oumagrootj­ie geërf. “Dis my kosbaarste meubelstuk,” sê sy.
Vir klein Hanna se kamer het hulle besluit op pienk plakpapier met ’n titsel goud. “Ons het gemeen die kleure sal nog jare lank in haar kamer pas. Dis ook kontemporê­r en veelsydig, en sal aanhou werk, selfs as ons eendag sou besluit om dié vertrek in ’n gaste-, speel- of studeerkam­er te verander,” sê Alana. Sy het die laaikas by haar oumagrootj­ie geërf. “Dis my kosbaarste meubelstuk,” sê sy.
 ??  ?? Mat van Hertex; hanglampe van Builders; bok-strooikuss­ing van ArtVraat Designs; vere-strooikuss­ing van Sheet Street
Mat van Hertex; hanglampe van Builders; bok-strooikuss­ing van ArtVraat Designs; vere-strooikuss­ing van Sheet Street

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa