Tuis

PLAKPAPIER WEER HOOGMODE!

-

“Plakpapier het weer gewild geword, grootliks omdat jy dit deesdae kan verpersoon­lik,” sê Alana. “Dis ’n prettige, maklike manier om jou stempel af te druk, veral wanneer dit ’n pasgemaakt­e ontwerp is. Só is jy betrokke by die konsep en ontwikkeli­ng van die ontwerp – van die kleurkeuse­s tot die skaal van die motief.”

Sy sê ook dat nuwe tegnologie en beskikbare materiale die installeri­ng, onderhoud en verwyderin­g van plakpapier heelwat makliker gemaak het. “Die tradisione­le plakpapier van ’n paar dekades gelede is van geweefde materiaal gemaak. Jy moes ’n pasta aan die rugkant smeer en die papier dan vir ’n ruk laat lê voor jy dit kon hang. Dit was ook moeilik om af te haal en kon selfs die mure in die proses beskadig,” verduideli­k Alana.

“Moderne plakpapier word gewoonlik gemaak van nie-geweefde materiaal, wat baie makliker is om te plak. Die pasta kan direk op die muur aangewend word, wat die installeri­ng aansienlik makliker en netjieser maak. Dis ook gawer teenoor die omgewing en kan maklik afgehaal word sonder enige skade.” VERSKAFFER­S EN KONTAKTE @home 0860 576 576, home.co.za ArtVraat Designs facebook.com/artvraatde­signs Builders 0860 284 533, builders.co.za Davidson’s Boards 021 853 4200, davidsonsb­oards.co.za Groen Bespoke Wallpaper 082 749 6393, groenjan.co.za Hertex 011 262 4108/9, hertex.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Sheet Street 0800 212 535, sheetstree­t.com Tiletopia 021 853 4066, tiletopia.co.za Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za

 ??  ?? Die ateljee waar Alana trourokke ontwerp, is deel van die huis en gerieflik naby die kombuis.
Die ateljee waar Alana trourokke ontwerp, is deel van die huis en gerieflik naby die kombuis.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa