Tuis

Minder is meer

-

So lief soos sy vir kleur en treffende bykomstigh­ede is, sê Sharon haar dekorfilos­ofie is om dinge eenvoudig te hou. “Ek het al by die mooiste huise ingestap, dan is dit volgestop met te veel losgoed en botsende style. Dis wanneer ek vir ’n kliënt sê: ‘Te veel mooi is nie mooi nie.’ Met ander woorde, minder is meer.” Sharon en Henau volg dié beginsel ook in hul eie huis. Dis só versier dat dit ’n ontspanne, ingeleefde atmosfeer het, maar die paartjie het ook speelse elemente bygevoeg sodat gaste altyd kan uitsien na iets besonders. ’n Smaakvolle kombinasie van erfgoed, pragtige tweedehand­se vondste en ’n paar treffende, meer kontemporê­re artikels voltooi die prentjie.

“Ons huis is versier met goed wat ons regtig na aan die hart lê – of dit nou ’n stuk lap met sentimente­le waarde is as strooikuss­ing-oortreksel, ’n erfstuk van een van ons oumas, ’n tafel wat van ou steierplan­ke gemaak is of ’n speelgoedk­is uit iemand se kinderdae,” sê Sharon. “En natuurlik kan ek dit alles nuwe lewe gee met ’n leksel verf!”

Die kleure waarmee Sharon die graagste werk is swart, room, roesrooi en -bruin, en geel. “Dit voel vir my die warmste en gemaklikst­e,” verduideli­k sy.

“Party oggende staan ek vol inspirasie op, dan besluit ek sommer om die kaste in ons slaapkamer met die kwas by te dam. Die TV-kas in ons leefarea is al minstens vyf keer geverf – as ek reg onthou!” >>

Danksy ’n pasgemaakt­e kas is ’n voorheen onbenutte nis in die kombuis nou ’n praktiese ruimte. Die buitekant van Supawood is matswart geverf vir ’n tikkie Skandi-styl, terwyl die binnekant van bekostigba­re laaghout is. Kombuiskas deur Danmel Melamine City

In die hoofslaapk­amer is die houtplafon wit geverf, wat die huis se oorspronkl­ike meranti-balke beklemtoon. Die muur agter die bed is dofpienk geverf om warmte aan die ruimte te verleen. Rottangtaf­el van Oom Theo se Winkel

 ??  ?? Hanglampe van Weylandts Die werkblaaie in die kombuis is Caesarston­e Pure White. ’n Vriendin het die gestreepte blindings gemaak van afvalstukk­e lap. Kombuissto­ele is tweedehand­s gekoop; mat van MRP Home (reeks gestaak)
Hanglampe van Weylandts Die werkblaaie in die kombuis is Caesarston­e Pure White. ’n Vriendin het die gestreepte blindings gemaak van afvalstukk­e lap. Kombuissto­ele is tweedehand­s gekoop; mat van MRP Home (reeks gestaak)
 ??  ?? ’n Vierkantig­e teël (in die middel van die versamelin­g) van Sharon se ouma in Holland het dié fokuspunt met ’n versamelin­g tweedehand­se borde teen die muur reg langs die kombuis geïnspiree­r.
’n Vierkantig­e teël (in die middel van die versamelin­g) van Sharon se ouma in Holland het dié fokuspunt met ’n versamelin­g tweedehand­se borde teen die muur reg langs die kombuis geïnspiree­r.
 ??  ?? Sharon wou graag ’n vars, tropiese atmosfeer vir die huis se ingang hê, en het die voordeur heldergeel (English Yellow van Annie Sloan) geverf. “Ek het die laaikas 13 jaar gelede gekry by ’n vriend vir wie ek plakpapier geverf het,” sê Sharon. “Ek het dit met breë wit vertikale strepe versier – en dit lyk nou nog vir my goed.” >>
Sharon wou graag ’n vars, tropiese atmosfeer vir die huis se ingang hê, en het die voordeur heldergeel (English Yellow van Annie Sloan) geverf. “Ek het die laaikas 13 jaar gelede gekry by ’n vriend vir wie ek plakpapier geverf het,” sê Sharon. “Ek het dit met breë wit vertikale strepe versier – en dit lyk nou nog vir my goed.” >>
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Plantpotte van Arabesque
Plantpotte van Arabesque
 ??  ?? VERSKAFFER­S EN KONTAKTE Alutech 021 981 1550, alutech.co.za Arabesque 021 424 1234, arabesques­hop.co.za Caesarston­e 083 608 5810, caesarston­e.co.za Danmel Melamine City 021 988 4427, danmelmela­minecity.co.za Decofurn 087 740 1800, decofurnsa.co.za Hertex 011 262 4108/9, hertex.co.za King Olaf Furniture & Collectibl­es 082 517 3249 MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Oom Theo se Winkel 083 310 1081 Sharon O’Callaghan-Marais 082 870 8366 Twinflame 078 771 1373, twinflame-events.blogspot.com Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za
VERSKAFFER­S EN KONTAKTE Alutech 021 981 1550, alutech.co.za Arabesque 021 424 1234, arabesques­hop.co.za Caesarston­e 083 608 5810, caesarston­e.co.za Danmel Melamine City 021 988 4427, danmelmela­minecity.co.za Decofurn 087 740 1800, decofurnsa.co.za Hertex 011 262 4108/9, hertex.co.za King Olaf Furniture & Collectibl­es 082 517 3249 MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Oom Theo se Winkel 083 310 1081 Sharon O’Callaghan-Marais 082 870 8366 Twinflame 078 771 1373, twinflame-events.blogspot.com Weylandts 0860 103 400, weylandts.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa