Tuis

Koel kombuis

-

Die Chapmans het hul huis opgeknap namate hul begroting dit toegelaat het; nou is dit nog net twee slaapkamer­s en die kombuis wat hul beurt afwag. Maar jy sal nooit kon raai dat die kombuis nog oorspronkl­ik is nie – dis net geverf!

“Ons beplan om die toonbank te verleng en die kombuis ordentlik oor te doen, maar ons het nog nie ’n los geldjie nie,” sê Sam. Intussen moes hulle verlief neem met ’n laag verf op die “aaklige grys melamienka­ste”.

Die paartjie het die hulp van Rembrandt Spray Painters ingekry om die kaste profession­eel af te werk, waarna hulle die deure na die opwaskamer en spens self geverf het met swartbordv­erf van Builders. “Soos julle kan sien, skep my kinders graag hul eie kuns!” sê Sam.

Sy erken sy is “behep” met swart en wit. “Ek is mal oor die sterk kontras: dis klassiek en treffend, dog skoon,” sê sy. Nie almal is dapper genoeg om dié palet in hul huis te gebruik nie, maar Sam maak dit werk deur natuurlike elemente soos rou hout, gevlegte mandjies en matte, asook baie plante, daarmee te kombineer.

“Plante is my sieleheil, my kalmte en my geluk,” sê Sam. “Dit bring elke dag soveel vreugde in my lewe.” Daarom sit sy ook tekstuurry­ke blare uit die tuin in vase; dit versag die monochroom palet en skep terselfder­tyd ’n tropiese atmosfeer wat goed werk in die huis. >>

Ek is versot op die natuurlike lig en daar is selfs apies en voëls in die bome wat my dophou wanneer ek soggens stort! – Sam

 ??  ?? Swart en wit saam kan skel lyk, so dis belangrik om warmte en lewe in te bring. – Sam
Swart en wit saam kan skel lyk, so dis belangrik om warmte en lewe in te bring. – Sam
 ??  ?? Sam se geliefde versamelin­g orgideë is baie gelukkig op die ingeboude rak agter die bad. Die buitestort is teen die muur oorkant die bad. Teëls van Union Tiles
Sam se geliefde versamelin­g orgideë is baie gelukkig op die ingeboude rak agter die bad. Die buitestort is teen die muur oorkant die bad. Teëls van Union Tiles

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa