Tuis

Moderne plaashuis

Dié gesoute opknappers het ’n klein 60 jaar oue huis met ’n groot tuin omskep in ’n gesellige, kontemporê­re gesinswoni­ng.

- Deur Beatrice Moore-Nöthnagel • Foto’s Francois Oberholste­r • Stilering Marian van Wyk

Ons het meer as 10 jaar gelede die eerste keer kennis gemaak met Grant Newman en Melissa Kretschmer-Newman toe hulle as ons heel eerste Regruk met Flair-wenners aangewys is. Die omskakelin­g van hul garage in ’n kuierruimt­e in Wynberg, Kaapstad, was ’n kitstreffe­r.

Oor die jare het ons nog van hul projekte gewys, waaronder ’n solder-opknap wat hulle met hul prysgeld gedoen het, ’n oopplansla­apkamer en ’n binnehof. Ná die geboorte van hul seun, Hunter Rocket, in 2016, het die paartjie besef hulle het ’n groter huis nodig. “Ons wou ’n plek met ’n groot tuin hê, en ons hande het gejeuk vir ’n nuwe uitdaging,” sê Melissa.

Grant het grootgewor­d in Bergvliet en het geweet dié buurt met sy goeie skole en groot erwe is ’n goeie plek vir ’n gesin. Daarom het hulle net hier begin soek. “Ons het ’n 60 jaar oue huis opgespoor en was dadelik verlief op die pragtige tuin,” sê Melissa. “Die erf is ’n ruim 900 m² en die huis het ’n goeie raamwerk – dis goed gebou met sterk potensiaal vir ’n opknap.”

Binne was die huis netjies, maar klein vergeleke met die tuin, en die vloei was hier en daar ongemaklik. Die kombuis, drie badkamers, vloere en beligting was oudmodies en het persoonlik­heid gekort. Toe hulle dus in die middel van 2017 intrek, het ’n grootskaal­se opknap gewag. Hulle het die hulp van ’n beproefde bouer en kontrakteu­rs ingeroep vir die sement- en loodgieter­swerk en die kombuis. Wat die afwerkings betref, het hulle besluit om die taak self aan te pak en sodoende ’n paar rand te spaar.

“Ons langtermyn-visie is om uiteindeli­k ’n moderne plaashuis te skep,” verduideli­k Melissa. “Maar ons is nou eers in fase twee van vyf – so ons is nog ver van klaar af!”

 ??  ??
 ??  ?? Die nuwe kombuis, geïnstalle­er deur Holly Wood Kitchens and Furniture, spog met ’n stylvolle palet van vlootblou kaste (Plascon Bluebeard), blaaie van Franse eikehout, ’n spatpaneel van Lilac New York-marmer en titsels koper. Kroegstoel­e van @home; groen-en-goue sampioenla­mp van Sobeit Studio; hanglamp van Eagle Lighting WIE WOON HIER? Grant Newman en Melissa Kretschmer-Newman met hul seun, Hunter Rocket (2) WAAR Bergvliet, Kaapstad GROOTTE 125 m²
Die nuwe kombuis, geïnstalle­er deur Holly Wood Kitchens and Furniture, spog met ’n stylvolle palet van vlootblou kaste (Plascon Bluebeard), blaaie van Franse eikehout, ’n spatpaneel van Lilac New York-marmer en titsels koper. Kroegstoel­e van @home; groen-en-goue sampioenla­mp van Sobeit Studio; hanglamp van Eagle Lighting WIE WOON HIER? Grant Newman en Melissa Kretschmer-Newman met hul seun, Hunter Rocket (2) WAAR Bergvliet, Kaapstad GROOTTE 125 m²
 ??  ?? Mat, kanttafel en strooikuss­ings van Weylandts; Chesterfie­ld-bank en oorgroot swart spieël van @home; bokkop van Sobeit Studio Die groot laboratori­umwasbak in die kombuis staan in ’n eenheid van Franse eikehout.
Mat, kanttafel en strooikuss­ings van Weylandts; Chesterfie­ld-bank en oorgroot swart spieël van @home; bokkop van Sobeit Studio Die groot laboratori­umwasbak in die kombuis staan in ’n eenheid van Franse eikehout.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa