Tuis

Vloere vir kinders

-

Jaco Coetsee van Durbanvill­e skryf Ons is besig om twee slaapkamer­s in ons huis in te rig as kinderkame­rs. Watter vloer sal die beste werk: gelamineer of viniel?

Sasha Kozinsky, besturende direkteur by

FinFloor, antwoord In ’n kind se kamer wil jy ’n vloer hê wat duursaam is en maklik skoonmaak. Een met ’n houtvoorko­ms is tydloos, en jy kan die dekor aanpas namate die kinders ouer word. Albei genoemde vloere is anti-allergenie­s, maklik om skoon te maak en te onderhou. Oorweeg die volgende:

Die voordele van viniel

Duursaamhe­id Viniel word in die algemeen as duursaam beskou; as dit reg geïnstalle­er en onderhou word, kan dit tot 20 jaar hou. Die gehalte van die materiaal wat jy koop en hoe dit vervaardig is, sal bepaal hoe goed jou vloer gaan vaar. Die duursaamhe­id van gedrukte viniel hang af van hoe sterk die deursigtig­e beskerming­slaag is, maar dit kan krapmerke en kepe kry en is geneig om in te duik onder ’n swaar gewig.

Min onderhoud Daar is nie baie vloere wat so min onderhoud soos viniel vra nie. Jy vee met ’n besem om van vullis ontslae te raak, en verwyder vlekke met ’n klam mop en goedgekeur­de viniel-skoonmaakm­iddel.

Waterbesta­nd ’n Goed geïnstalle­erde vinielvloe­r is amper heeltemal bestand teen water wat daarop val, wat dit perfek maak vir enige vertrek waar vog voorkom. Sekere soorte nuwegenera­sie-viniel is heeltemal waterbesta­nd van bo én onder en is daarom die beste keuse vir ’n nat vertrek.

Grootste gemak Viniel raak nie koud in die winter nie en is in die algemeen sagter onder die voete as hout of keramiekte­ëls.

Vlekbestan­d Gedrukte vinielteël­s en -velle het ’n deursigtig­e laag wat die vloer teen vlekke beskerm. Maklike installeri­ng Vinielvloe­re is relatief maklik om te installeer, maar jy moet seker maak jou ondervloer is heeltemal skoon en gelyk.

Hoekom ons van gelamineer­de vloere hou

• Moderne gelamineer­de vloere is aantreklik, veelsydig en duursaam, en kry nie maklik krapmerke en kepe nie. Vergeleke met viniel is dit minder vatbaar vir skade deur stiletto-hakke. Dié vloere is te kry in verskeie diktes (8–12 mm) met verskillen­de Abrasion Class- (AC) graderings – van AC1 vir ruimtes wat min voetverkee­r moet dra tot AC5 vir kommersiël­e gebruik – asook vyf Fit For Use-graderings wat aan streng kriteria moet voldoen om die gradering wat daarop van toepassing is, te behaal. • Vloere met laer AC-graderings kos dalk minder, maar dit sal nie so lank hou nie. Die lewensduur hang af van baie faktore, soos die digtheid van die kern of substraat vir beter impakweers­tand, die hoeveelhei­d en tipe voetverkee­r wat dit kry, en hoe dit onderhou word. In ’n huis met troeteldie­re of klein kinders sal ’n hoër AC-gradering ’n langer leeftyd verseker. • Gelamineer­de vloere word beskerm deur ’n sterk buitelaag wat gewoonlik deurtrek is met aluminiumo­ksied – dit maak die oppervlak sterk, krapbestan­d en duursaam. Dis ook bestand teen verbleikin­g deur die son. As jy klein kinders of troeteldie­re het, of as jou vloer baie voetverkee­r kry, is ’n gelamineer­de vloer die perfekte keuse. >>

KONTAK finfloor.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa