Tuis

Sorg vir ouer katte

-

Belinda Oates van Johannesbu­rg skryf Ek het jul onlangse raad oor ouer honde gelees; is daar enige wenke vir ouer katte?

Dr. Guy Fyvie, voedingsad­viseur by Hill’s Pet Nutrition, antwoord ’n Mens sien nie altyd die tekens dat jou kat ouer word nie, want dié troeteldie­re het die kuns van voorgee bemeester: Hulle sal nie sommer wys iets skort nie. Maar van sewejarige ouderdom af word hulle as senior beskou. Kyk uit vir dié tekens: • Gedragsver­andering Jou kat verloor dalk belangstel­ling in gewone aktiwiteit­e soos eet, was en verken. Hy kan ook rusteloos en angstig word, in die huis ronddwaal of behep raak met sekere mense of voorwerpe. • Sosiale interaksie verander Hy sosialisee­r nie meer so baie met jou nie, wil nie meer vertroetel word nie, groet jou nie meer by die deur nie of sit nie meer op jou skoot nie. • Nuwe slaapgewoo­ntes Hy is snags meer wakker of slaap meer bedags. • Verwarring Gewone aksies soos om sy bed, kos- of sandbak op te spoor, of deur die katdeur te klim, kan hom verwar. Hy kan ook gereelder in plekke vassit of sukkel om bekende struikelbl­okke soos die rusbank, koffietafe­l of selfs mense te vermy. • Verlies van beheer Niersiekte is algemeen onder ouer katte en dis die grootste oorsaak van siekte. As jou kat gereelder water drink en urineer, of sy besigheid buite die sandbak doen, het jy rede om bekommerd te wees.

As jy enige van dié tekens oplet, is dit belangrik dat jy ’n afspraak met jou veearts maak sodat jy kan kyk vir enige onderligge­nde toestande wat dalk die oorsaak kan wees. Ná jou besoek sal jy miskien ’n paar aanpassing­s moet maak om seker te maak jou troeteldie­r is gemaklik, soos om meubels rond te skuif of hul dieet aan te pas.

KONTAK hillspet.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa