Tuis

Die fraaiste vetplante!

-

Cotyledon orbiculata var. oblonga, een van die varkoorpla­kkies, het interessan­te silwerblou vingeragti­ge loof, wat dit ’n goeie opsie maak vir randakkers omdat dit so pragtig kontrastee­r met vetplante in skakerings van rooi, goud en pienk. In die winter dra dit oranjerooi buisvormig­e blomme op lang stele. Kweek dit so Dié plant groei die beste in die son of gedeelteli­ke skadu in (veral sanderige) grond wat goed dreineer. Nuwe plante moet in die somer een keer per week water kry; die grond moet droog wees voor dit weer water kry. Wanneer plante eers gevestig is, kan dit lank sonder water en net op reënwater oorleef. Maak plante in houers een keer per week nat of wanneer die grond droog is. Geen bemesting is nodig nie. Gebruike in die tuin Gebruik dit as ’n laag groeiende grondbedek­ker, in ’n randakker, as beddingomr­anding, langs ’n paadjie of tussen plaveiblok­ke, veral in rotstuine, vetplanttu­ine of Mediterree­nse tuine. Kombineer dit gerus met ander vetplante in houers. Die blomme lok skoenlappe­rs, bye en voëls. Het jy geweet? Die plakkie kom natuurlik in die Oos-Kaap, KwaZuluNat­al, Mpumalanga en dele van die Vrystaat voor, en word tradisione­el as medisynepl­ant gebruik. ’n Pap van verhitte blare word gebruik om pitsere te behandel en die sap verlig oor- en tandpyn. Die vlesige deel van die blaar word ook gebruik om vratte te versag. Algemene probleme Plante sal nie in ysige weer oorleef nie. As daar swaar ryp voorspel word, bedek jou plakkies met rypdoek, of as hulle in potte groei, skuif dit na ’n warm, beskutte area. Ondersoek plante vir luise en spuit met seepwater of ’n organiese insekdoder. KONTAK Ngena Succulents; e-pos john@ngena.africa.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa