Tuis

Ludwig se rooshoekie

‘St John Nonacenten­ary’ Die rooskenner Ludwig Taschner gee raad …

-

V: Ek moet my ‘St John Nonacenten­ary’-rose spuit, maar daar is heelwat verkleurma­nnetjies in my tuin. Is daar ’n plaagdoder wat nie giftig vir die natuurlewe is nie?

Ludwig’s Insect Spray is baie veilig om te gebruik en nie giftig vir die natuurlewe nie. Die swamdoder Chronos sal ook nie insekte aantas nie. Die basis van Ludwig’s Insect Spray is kanola-olie, knoffel- en sitrussap, asook die organiese gif van Piretrum-spesies wat net klein insekte doodmaak en reeds ’n uur nadat dit gespuit is, onaktief is. Die insekte word afgeweer deur die reuk van die knoffel en die film wat die spuitmidde­l op die blare los. Jou verkleurma­nnetjies sal nie deur die spuitmidde­l geraak word nie, maar hulle sal vrek van die honger omdat die insekte sal wegbly van die rose of ander dele in jou tuin wat gespuit is. Ek verstaan dat verkleurma­nnetjies krieke, meelwurms en spinnekopp­e, en sekere vet groen blare eet, wat beteken jy sal kos vir hulle moet uitsit.

V: Sowat twee jaar nadat ek ’n ‘Tempi Moderni’-roos gekoop het, het ’n tak uitgeskiet wat anders as die res lyk. My man het dit afgesny en in ’n pot geplant, en nou het dit geblom. Is dit normaal?

Dié tak is ’n multiflora-wortelstok (in die ou dae is dit “wilde lote” genoem) en dit kan by hoogstamro­se voorkom, maar ’n mens sien dit nie gereeld by struikrose nie. Trek die wortelstok ondertoe en ruk dit af. Wanneer jy dit net afsny, bly daar ogies agter wat weer kan uitloop. ’n Wortelstok verskil van gewone stele – dit het nie dorings nie, het liggroen blare en klein wit enkelblomm­e. As jy dit aan die roos los, kan die wortelstok oorneem en die struik doodmaak, want dit groei uiters sterk. Hibried-teerose en ander variëteite word op ’n wortelstok geënt omdat dit sterker wortels het.

 ??  ??
 ??  ?? ‘Tempi Moderni’
‘Tempi Moderni’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa