Tuis

VAN heuwel tot heuwel

Met ’n oorvloed asaleas is Betty Chance se tuin in die Natalse Middelland ’n skouspel van kleur wanneer hulle blom.

- Deur Marié Esterhuyse Foto’s Sally Chance

Vakansiety­e en naweke kuier die Chance-familie graag saam.

En as dit by hul kleintydse kuierplek in die KwaZulu-Natalse Middelland is, is dit ekstra spesiaal. Want dis hier waar dié gesin al sedert 1967 afsaal en waar Betty Chance oor die jare die tuin in ’n lushof omskep het.

“Ons het in Zoeloeland geboer en in 1967 ’n naweek hier in die Middelland kom kuier nadat vriende hierheen verhuis het,” vertel Betty. “Ons vier kinders was toe op kosskool hier naby en ons was op soek na ’n plek waar ons naweke saam met hulle tyd kon deurbring. Ons vriende het aangebied dat ons ’n deel van hulle grond koop en vir ons ’n huis daarop bou. Ons het die geleenthei­d aangegryp.”

Sedertdien is die eiendom die Chancefami­lie se wegbreekpl­ek. Betty het begin tuinmaak met die hulp van ’n egpaar van die omgewing, John en Trifena Ngobese, wat die eiendom onderhou het wanneer die Chancegesi­n nie daar was nie. Vandag is dit die Nkathi-familie wat hier toesig hou.

“In die hoek van die eiendom is twee heuwels met ’n rivier wat daardeur loop. Die heuwel wat suid front was en is nog steeds bedek met natuurlike veld. Hier groei onder meer Kaapse kastaiing-, witstinkho­ut-, witels- en geelhoutbo­me tussen kleiner inheemse spesies.

“Die heuwel wat noord front is bedek met dennebome. Ons het van die denne afgekap en ’n trekker van ons plaas af laat kom om die grond op die kruin van die heuwel gelyk te maak sodat ons ons huis daar kon bou. Dit het ’n pragtige uitsig oor die rivier en die inheemse veld.” >>

 ??  ??
 ??  ?? DIE EIENAARS Die Chance-familie WAAR KwaZulu-Natalse Middelland GROOTTE VAN EIENDOM 20 ha Betty en Sally Chance Al langs die inrit vorm asaleas ’n hoë heining wat ’n skouspel is in die lente.
DIE EIENAARS Die Chance-familie WAAR KwaZulu-Natalse Middelland GROOTTE VAN EIENDOM 20 ha Betty en Sally Chance Al langs die inrit vorm asaleas ’n hoë heining wat ’n skouspel is in die lente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa