Tuis

Klein begin

-

Omdat die eiendom ’n hele 20 ha beslaan, is groot dele daarvan natuurlik gelos en het hulle hoofsaakli­k rondom die huis ’n tuin begin uitlê wat met verloop van tyd rivier toe uitgebrei het.

Die eerste ding wat Betty gedoen het, was om gras te plant. Die oorspronkl­ike lappie gras kom uit haar ouers se tuin naby Underberg. “Hoewel John eintlik ’n kok is, het hy veral wanneer ons nie daar was nie in die tuin ingespring. Hy het die hele grasperk van dié stukkie gras gekweek en paadjies al langs die rivier gemaak. Aangesien daar soveel groot klippe rondom die huis was, het ons werkers van die omgewing in diens geneem om mure te pak en terrasse en trappies daarmee te bou. Toe dit klaar was, kon ek in alle erns met die tuin begin,” vertel sy.

Met genoeg water uit die rivier vir die huis én die tuin het Betty eerstens bladwissel­ende bome soos rooibeuke, platane, Japannese esdorings, blomkersie­s, blomkornoe­lies, Japanse blomappels, naaldeike en moerassipr­esse geplant. Dié bome sorg vir ’n asemrowend­e vertoning in die lente en herfs.

“Destyds het ek ’n paar asaleas in skakerings van wit, purperrooi en pienk gekry en geplant. Ek het ook van die kleiner Kurume-kultivars gekoop. Gelukkig is die grond en klimaat geskik vir asaleas en floreer dié struike hier. En as ek êrens een sien wat ek nog nie het nie, koop ek dit. “Ná ’n besoek aan Engeland het ek Azalea

mollis-struike as klein plantjies ingevoer van ’n kwekery in Woking, Surrey. Hulle het goed hier aangepas en is vandag groot struike wat met oorgawe blom. Ek het ook krismisros­e geplant wat elke somer ongeloofli­k mooi is met hul wit, pienk, ligpers en veral blou blomme. Die klimaat is beslis ook tot hul voordeel.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Asaleas floreer onder bladwissel­ende bome.
Asaleas floreer onder bladwissel­ende bome.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa