Tuis

WENKE VIR TUINVERNUW­ING

-

As jy ’n bedding of ’n tuin wil nuut maak, moet jy geduldig wees, sê Pietman (links). “Ek hou daarvan om eers die tuin te leer ken voor ek daaraan begin werk. Moenie onmiddelli­k wanneer jy intrek aan die werk spring nie – gee jouself kans om ’n idee te ontwikkel van wat jy wil doen. Dit is natuurlik so dat ’n mens wanneer jy dit die eerste keer sien instinktie­f ’n gevoel kry van hoe dit moet lyk. Sulke aanvanklik­e reaksies is belangrik en baie keer presies dit wat jy daar moet doen.” Hier is sy raad: • Begin deur die ongewenste plante en bome uit te haal en die bome reg te snoei. Kry ’n kenner hiervoor indien nodig. Kyk hoe lyk die tuin of bedding met die plante wat oorbly en wat jy nog nodig het vir vorm en struktuur. Daarna kan jy aan die detail van die beddings begin aandag gee. • Besluit wat jy waar wil plant en teken ’n eenvoudige plan van jou tuin. As jy voel jy het nie genoeg kennis nie, kry iemand om jou hiermee te help. Plante is duur. Dit is soveel beter om van die begin af die regte plant op die regte plek te hê – jy sal soveel gouer resultate sien. • Berei die bedding(s) goed voor en begin stuk-stuk plant as jy ’n groot tuin het. In ’n kleiner tuin is dit beter om dit as ’n geheel te beplan, aangesien jy gewoonlik die hele tuin met een oogopslag kan sien. • Maak seker jy het water om dit wat jy plant, nat te maak. Kies waterwys plante, veral as jou water min is. • Dis nie altyd nodig om duur plante te koop nie. Kry steggies en saad by vriende en plant goedkoop grondbedek­kers wat die grond vinnig toegroei. Namate die tuin ontwikkel, kan jy dit vervang met interessan­ter plante. • Deel uit waarvan jy te veel het. Ons het hope agapante en

Dietes uitgehaal en weggegee. Niks hoef verlore te gaan nie. • Gebruik wat in jou omgewing beskikbaar is of wat jy reeds in die tuin het. Ons het die bamboes wat hier groei, gebruik om stellasies mee te maak waarteen plante kan opgroei. Dit het vinnig hoogte aan die tuin gegee en dit interessan­t gemaak. Met oortollige rivierklip­pe het ons rande vir paadjies gepak. • Moenie moedeloos raak as dit aanvanklik nie lyk soos jy dit gevisualis­eer het nie. ’n Tuin ontwikkel met verloop van tyd en verander voortduren­d. • En laastens: Doen wat vir jou mooi is; dit is jou tuin en jy wat daar woon!

In my navorsing oor die tuin het ek agtergekom Dorothy was mal oor plante met lekkerruik-blomme!

– Pietman As musiek- en blomliefhe­bber het Dorothy jare lank die blommerang­skikkings in die Stellenbos­se Konservato­rium met blomme uit dié tuin gedoen.

 ??  ??
 ??  ?? Inheemse persbesem (Polygala virgata) saai homself maklik en aard goed in die klammer dele van die tuin.
Inheemse persbesem (Polygala virgata) saai homself maklik en aard goed in die klammer dele van die tuin.
 ??  ??
 ??  ?? Plukblomme sorg in al vier seisoene vir kleur – soos dié Japannese anemone in die herfs. Dit word aan ’n blomwinkel verkoop as ’n bron van inkomste en om dit meer as deel van die gemeenskap te laat funksionee­r.
Plukblomme sorg in al vier seisoene vir kleur – soos dié Japannese anemone in die herfs. Dit word aan ’n blomwinkel verkoop as ’n bron van inkomste en om dit meer as deel van die gemeenskap te laat funksionee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa