Tuis

Oordadige carbonara

-

Moenie skrik vir die idee van “rou” eiergeel nie. Die pasta en pastawater het genoeg hitte om die eier te verander in ’n weelderige sous wat romerig proe sonder die gebruik van room. Genoeg vir 4 ruim porsies • Bereidings­tyd: 10 minute • Gaarmaakty­d: 10 minute

• 45ml botter • 30ml ekstrasuiw­er olyfolie • 200g gerookte spek, in blokkies gesny • 80g salami, in blokkies gesny • 4 velle Parmaham, Serranoham of “speck” (opsioneel) • 400g spaghetti • 4 eiergele • 60ml varsgerasp­erde parmesaank­aas • 15ml platblaarp­ietersieli­e • vars basilie vir garnering

1 Sit ’n groot pot soutwater op die stoof vir die pasta en bring dit tot kookpunt. Jou tydsbereke­ning is belangrik, want jy het van die pastawater nodig vir die sous.

2 Smelt die botter en olie saam in ’n groot pan oor matige hitte en braai die spekblokki­es mooi bruin. Roer die salami en ham by en braai vir nog ’n paar minute; verwyder dan vir eers van die hitte.

3 Kook nou die pasta tot al dente (gewoonlik 8 minute; raadpleeg die verpakking). Gebruik ’n mengbak wat groot genoeg is om al die pasta te akkommodee­r en klits solank die eiergele, kaas (hou ’n bietjie vir bo-oor strooi as jy wil) en pietersiel­ie saam. Sodra die pasta reg is, skep dit nat-nat by die pangebraai­de vleis en skud. Keer die geurige pasta uit in die mengbak met die eiergele en skud-skud weer tot alles mooi gemeng is. Skep op in vier diep pastaborde. Maak seker elkeen kry ’n repie ham bo-op en sit dadelik warm voor (dié outjie hou nie van herverhit nie). Vars basiliebla­re en varsgemaal­de swartpeper sal die ryk sous balanseer. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa