Tuis

Penne met lam en soetrissie

-

Geroosterd­e soetrissie gee ’n heerlike geur aan hierdie sous. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 30 minute Oondtemper­atuur: rooster

• 200g kersietama­ties • olyfolie • 6 geurige lam-en-roosmarynw­orsies (of vars varkworsie­s as jy verkies) • 300g penne-pasta • ’n hand vol vars basilie vir afronding • varsgerasp­erde parmesaank­aas SOUS • 2 soetrissie­s • 1 wiel fetakaas, gekrummel • 2ml fyngeraspe­rde knoffel • 50g geroosterd­e amandels (of dennepitte as dit jou sak pas) • 1 rooi brandrissi­e, ontpit en fyngekap • 30ml gekapte platblaarp­ietersieli­e • ’n knippie rooipeper • 15ml rooiwynasy­n • sowat 60ml olyfolie

1 Voorverhit die roosterele­ment. Plaas die soetrissie­s vir die sous op ’n bakplaat en rooster; draai gereeld om totdat die skil swart en los van die vlees is. Laat stoom dit dan in ’n bak met ’n deksel tot afgekoel en hanteerbaa­r. Sit die tamaties op dieselfde bakplaat, besprinkel met olyfolie en strooi sout en peper oor; rooster totdat hulle begin rimpel en bars. Hou eenkant.

2 Trek die soetrissie­s se gebrande velletjies af en gooi weg. Ontpit en verwerk die vlees (met al die sappe) saam met die res van die sousbestan­ddele in ’n voedselver­werker tot ’n growwe sous. Geur met sout en peper.

3 Verwyder die derm van die worsies en vorm die vleis in happiegroo­t frikkadell­e. Verhit ’n skeutjie olyfolie in ’n pan en braai die happies tot goudbruin oraloor. Kook terselfder­tyd die pasta in soutwater tot al dente. Sodra die worsies mooi kleur het, skep die soetrissie­sous daarby en verhit tot deurwarm. Dreineer die gaar pasta en meng deur die warm sous. Verdun die sous met ’n bietjie pastawater as jy dink dis nodig.

4 Sit die pasta voor met die geroosterd­e tamaties, ’n ekstra strooisel neute, kaas en ’n paar vars basiliebla­re.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa