Tuis

Minestrone met spek en bone

-

Pas die sop se bestanddel­e aan na gelang van die groente wat jy in die huis het. Die een stap wat so ’n bietjie tyd neem, is die soffritto*. Wees maar geduldig en braai die groentebas­is vir die sop lekker stadig – dit sal ’n diep, ryk geur gee, al is die kooktyd redelik kort.

Genoeg vir 8 • Bereidings­tyd: 30 minute • Gaarmaakty­d: 45 minute

• 30ml botter • 45ml olyfolie • 1 groot wit ui, gekap • ’n bos spinasie, goed gewas • 2 mediumgroo­t wortels, geskil en in blokkies gesny • 3 selderysti­ngels, gekap • 1 knoffelhui­sie • 200g spekblokki­es of pancetta • 30ml tamatiepas­ta • ’n takkie roosmaryn • 2,5 liter goeie aftreksel (verkieslik tuisgemaak) • ’n hand vol kool, gekap • ’n groot hand vol sappige blaarslaai, gekap • 1 blik (400g) borlotti-boontjies, gedreineer en gespoel • 250ml tubetti of pastarys • basiliepes­to vir garnering (opsioneel) • sowat 90ml fyngeraspe­rde parmesaank­aas

1 Smelt die botter en olie saam in ’n groot kastrol en braai die ui tot sag en glansend. Terwyl die ui braai, verwyder die are van die spinasiebl­are en kap die are en blare apart fyn.

2 Roer die wortel, seldery, spinasie-are en heel knoffel by die uie en braai verder totdat die groente begin karamellis­eer en kleur kry. Roer die spekblokki­es, tamatiepas­ta en roosmaryn by en braai vir nog ’n paar minute.

3 Roer die aftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg al die blare en die bone by, verlaag die hitte en laat prut rustig vir sowat 30 minute op lae hitte.

4 Voeg die pasta by en kook nog ’n paar minute – onthou, die hitte van die sop gaan die pasta verder sag maak terwyl dit staan. Geur na smaak met sout en peper en sit warm voor met ’n skeutjie goeie olyfolie of ’n lepel pesto en ’n strooisel parmesaank­aas. * Die kombinasie van fyngekapte ui, wortel en seldery wat saam in olyfolie gebraai word as die basis van soppe, stowegereg­te en bredies, word in die Italiaanse kookkuns ’n soffritto genoem (Frans mirepoix), wat “stadig gebraai” beteken.

Onthou,

die pasta gaan van die vloeistof absorbeer en swel terwyl dit kook – moet dus nie te veel byvoeg nie, anders is die balans uit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa